Heidelbergse Kategismus en die kategesemateriaal van die Ned Geref. Kerk : n kerkhistoriese oorsig

dc.contributor.authorVan der Merwe, J.M. (Johan Matthys)
dc.contributor.emailjohan.vdmerwe@up.ac.zaen_ZA
dc.date.accessioned2015-03-18T09:31:26Z
dc.date.available2015-03-18T09:31:26Z
dc.date.issued2014
dc.description.abstractIn the year which we commemorate the 450th anniversary of the Heidelberg Catechism, this article follows the historical tracks of the catechism through the history of the Dutch Reformed Church with special focus on the role it played in the catechesis of the church. It starts with a short introduction about the origin of the Heidelberg Catechism. Secondly it gives an overview of the material used by the church through its early history before it compares the different books which were used later on. This is done in order to establish what role the Heidelberg Catechism played in the learning material of the church. The article concludes with the finding that the Heidelberg Catechism indeed played and still plays a huge role in the catechesis of the Dutch Reformed Church.en_ZA
dc.description.abstractIn die jaar waarin die 450 jarige bestaan van die Heidelbergse Kategismus herdenk word, is dit gepas om op een van die historiese spore van die Heidelbergese Kategismus in Suid Afrika terug te loop. Die spoor waarop hierdie artikel wil terugloop is om te vra na die rol wat die Heidelbergse Kategismus in die kategesemateriaal van die Ned Geref Kerk gespeel het. Hierdie spoor kan natuurlik nie losgemaak word van die ander spore wat die Heidelbergse Kategismus in die Ned Geref Kerk as ’n geheel nagelaat het nie. Die Heidelbergse Kategismus is deel van die DNA van die Ned Geref Kerk. Vosloo toon dit duidelik aan deur te verwys na die rol wat die Kategismus van vroeg af gespeel het in die prediking van die Ned Geref Kerk. Dit word ondermeer deur Barnard bevestig (Barnard 1981: 491). Vosloo verwys verder ook spesifiek na die belangrike rol van Kategismus in die “bestryding van dwaalleer” in die sogenaamde stryd teen die liberalisme in die 19e en 20ste eeu (Vosloo 2013) Daardeur het die Heidelbergse Kategismus ook die teologiese identiteit van die Ned Geref Kerk help bepaal. Dit word verder onderstreep deur die feit dat dit van die begin af deel uitgemaak het van die belydenisgrondslag van die Ned Geref Kerk soos verwoord in Artikel 1 van die Kerkorde van die Ned Geref Kerk. (Die Kerkorde 2013:1). Jonker (1994:93) vat die rol wat die Heidelbergse Kategismus in die geskiedenis en die teologie van die Ned Geref Kerk gespeel het, gepas saam wanneer hy skryf: Die Heidelbergse Kategismus is deel van die erfenis wat Suid- Afrika uit Nederland ontvang het. Meer as enige een van die ander belydenisskrifte van die gereformeerde kerke het dit by lidmate van die kerk ingang gevind deurdat dit in die kategese gebruik is, en daar dikwels ook in die erediens aan die hand van die Kategismus gepreek is. Ten einde die doel te bereik sal daar eerstens kortliks gekyk word na die onstaan van die Heidelbergse Kategismus. Tweedens volg ’n historiese oorsig oor die kategesemateriaal wat in die Ned Geref. Kerk gebruik is. Derdens word die verskillende kategeseboeke met mekaar vergelyk ten einde vas te stel watter rol die Heidelbergse Kategismus in die materiaal gespeel het voordat daar te slotte enkele konkluderende opmerkings gemaak word waarin getoon word dat die Heidelbergese Kategismus inderdaad ’n baie groot rol in die kategesemateriaal van die Ned Geref. Kerk gespeel het.en_ZA
dc.description.librarianhb2015en_ZA
dc.description.urihttp://www.ufs.ac.za/ActaTheologicaen_ZA
dc.identifier.citationVan der Merwe, JM 2014, 'Die Heidelbergse Kategismus en die kategesemateriaal van die Ned Geref. Kerk : n kerkhistoriese oorsig', Acta Theologica, vol. 34, suppl. 20, pp. 231-249.en_ZA
dc.identifier.issn1015-8758 (print)
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/44032
dc.language.isoAfrikaansen_ZA
dc.publisherUniversity of the Free State, Faculty of Theologyen_ZA
dc.rights© UV/UFSen_ZA
dc.subjectHeidelbergse Kategismus (HK)en_ZA
dc.subjectHeidelberg Catechism (HC)en_ZA
dc.subjectNederduitse Gereformeerde Kerken_ZA
dc.subjectDutch Reformed Churchen_ZA
dc.subjectHistoryen_ZA
dc.subjectGeskiedenisen_ZA
dc.subjectCatechesisen_ZA
dc.subjectKategeseen_ZA
dc.titleHeidelbergse Kategismus en die kategesemateriaal van die Ned Geref. Kerk : n kerkhistoriese oorsigen_ZA
dc.title.alternativeThe Heidelberg Catechism and the catechesis material of the Dutch Reformed Church : a church history overviewen_ZA
dc.typeArticleen_ZA

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
VanDerMerwe_Heidelbergse_2014.pdf
Size:
90.06 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Article

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: