‘n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit : ‘n Pastorale perspektief

dc.contributor.advisorMuller, Julian C.
dc.contributor.emailchristiaanack@gmail.comen_ZA
dc.contributor.postgraduateAckermann, Theunis C.
dc.date.accessioned2017-08-18T06:03:49Z
dc.date.available2017-08-18T06:03:49Z
dc.date.created2017-09-07
dc.date.issued2017
dc.descriptionThesis (PhD)--University of Pretoria, 2017.en_ZA
dc.description.abstractHierdie studie fokus op hoe persone wat van dwelms afhanklik is of was, hulle identiteit sien. Daar is ’n bekende diskoers wat sê: “Een keer ’n verslaafde, altyd ’n verslaafde.” Hierdie diskoers impliseer dat afhanklikheid deel van ’n persoon se identiteit word. In my studie poog ek om hierdie diskoers te dekonstrueer. Die AA (Alkoholiste Anoniem) se twaalf-stap-program word bestudeer. In hulle eerste stap word daar van persone wat van ’n chemiese stof afhanklik is, verwag om te erken dat hy/sy ’n afhanklike is. Hierdie erkenning van die AA se eerste stap, het ’n direkte invloed op persone wat van dwelms afhanklik is of was. Saam met die medenavorsers, word daar gepoog om ’n alternatiewe manier te vind om na afhanklikheid en identiteit te kyk. Hiermee saam speel die Christendom en ’n persoon se Godsbegrip ’n groot rol. Die Christendom het verskillende sieninge oor afhanklikheid en sonde. Hierdie studie poog nie om die sondebegrip van die Nuwe Testament te bestudeer nie, aangesien hierdie nie ’n Nuwe-Testamentiese studie is nie. Hoe God en die medenavorsers sonde verstaan, speel ’n rol in die begrip van hulle identiteit. Die narratiewe benadering maak van metafore gebruik. Hierdie studie gebruik die metafoor van ’n draak. Aanvanklik is dit ’n gevreesde draak wat persone wat afhanklik van dwelms is of was, wil verslind en ’n direkte impak het op hulle identiteit. ‘n Nuwe metafoor het ontwikkel. Die animasiefilm, “How to train your dragon,” is as vertrekpunt gebruik om ’n nuwe metafoor te ontwikkel waar die draak steeds gevaarlik is, maar getem kan word. Deur sekere aanpassings te maak, kan persone wat afhanklik is of was van dwelms, die draak beheer. Hierdie nuwe metafoor gee ook ’n nuwe identiteit aan die persoon wat afhanklik is of was van dwelms. Afhanklikheid word nie meer as deel van ’n persoon se identiteit beskou nie aangesien die hantering van die draak ’n nuwe perspektief in die lewe van hierdie persoon gee. In my studie maak ek van kwalitatiewe navorsing gebruik en beweeg ek vanuit die oogpunt van ’n postfundamentele Praktiese Teologiese benadering.en_ZA
dc.description.availabilityUnrestricteden_ZA
dc.description.degreePhDen_ZA
dc.description.departmentPractical Theologyen_ZA
dc.identifier.citationAckermann, TC 2017, ‘n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit : ‘n Pastorale perspektief, PhD Thesis, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/61706>en_ZA
dc.identifier.otherS2017
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/61706
dc.language.isoAfrikaansen_ZA
dc.publisherUniversity of Pretoria
dc.rights© 2017, University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.
dc.subjectUCTDen_ZA
dc.subjectBeeld van God
dc.subjectMethcathinone (Cat)
dc.subjectKwalitatiewe navorsing
dc.subjectPostfundamentele benadering
dc.subjectAfhanklikheid
dc.subjectNarratiewe terapie
dc.subjectPraktiese teologie Pastoraal
dc.subjectPastoral Perspective
dc.subjectNarrative Alternative
dc.subjectDependency Identity
dc.subjectIdentity Redefinition
dc.subject.otherTheology theses SDG-01
dc.subject.otherSDG-01: No poverty
dc.subject.otherTheology theses SDG-03
dc.subject.otherSDG-03: Good health and well-being
dc.subject.otherTheology theses SDG-05
dc.subject.otherSDG-05: Gender equality
dc.subject.otherTheology theses SDG-10
dc.subject.otherSDG-10: Reduced inequalities
dc.subject.otherTheology theses SDG-16
dc.subject.otherSDG-16: Peace, justice and strong institutions
dc.title‘n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit : ‘n Pastorale perspektiefen_ZA
dc.typeThesisen_ZA

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Ackermann_Afhank_2017.pdf
Size:
7.54 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Thesis

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.75 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: