Criminal liability requirements of the new broad-based black economic empowerment (B-BBEE) statutory fronting offence

dc.contributor.authorGerber, Gideon Adolf
dc.contributor.authorCurlewis, Llewelyn Gray
dc.date.accessioned2019-05-30T13:19:49Z
dc.date.available2019-05-30T13:19:49Z
dc.date.issued2018
dc.description.abstractDie implementering van regsraamwerk en -beleid in 2004 om ekonomiese bemagtiging in Suid Afrika vir swart mense te bevorder, is gedoen in lyn met die voorskrifte van die Grondwet, 1996 om gelykheid te bevorder en armoede te beveg. Die implementeringsraamwerk en -beleid maak voorsiening vir besighede om deur vrywillige deelname hulle bydrae tot transformasie-aktiwiteite te laat meet en daarvolgens gegradeer te word. Sodanige gradering hou voordeel in vir besighede om meer kompeterend te wees vir die doen van besigheid met die staat, staatsondernemings en ander groot korporatiewe instellings. Ongelukkig het verskeie besighede hulle gewend tot oneerlike transaksies wat skyn van transformasie skep waar die besigheid inderdaad die kompeterende voordeel ontvang, maar die transaksie inderwaarheid net “front” of voordoening is. Pogings van die owerhede om die praktyke hok te slaan as opsetlike wanvoorstellings ooreenkomstig die gemeenregtelike misdryf, bedrog, was nie suksesvol nie. Dit het ook duidelik geword dat ongewenste transaksies en praktyke wat besighede onregverdige voordeel verskaf toenemend gesofistikeerd en ingewikkeld raak. Weens die stadige pas van transformasie is die bemagtigingsbeleid in 2013 hersien met die afkondiging van gewysigde metingsdoelwit asook die implementering van wetswysiging in die vorm van die Breë Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging Wysigingswet 46 van 2013 wat op 24 Oktober 2014 in werking getree het. Weens die hoër vereistes wat die nuwe bemagtigingsraamwerk stel, veral die oordrewe fokus op swart eienaarskap gekoppel aan die feit dat strafregtelike vervolging vir wanvoorstelling in die verlede onsuksesvol was, het die wetgewer ongewenste praktyk waarna as “front praktyk” in die wet verwys word gekriminaliseer met hoë boetes en vonnisse. Statutêre liggaam in die vorm van SEB Kommissie is ook ingestel met wye magte om nakoming te verseker, ondersoeke van stapel te stuur, persone te ondervra en dokumente te subpoena. Kommentators het vanuit die staanspoor die omskrywing van die “front praktyk”-misdryf as wyd en vaag beskou.en_ZA
dc.description.departmentMercantile Lawen_ZA
dc.description.librarianam2019en_ZA
dc.description.librarianrz2025
dc.description.sdgSDG-08: Decent work and economic growthen
dc.description.sdgSDG-10: Reduced inequalitiesen
dc.description.sdgSDG-16: Peace, justice and strong institutionsen
dc.description.urihttp://www.lexisnexis.co.zaen_ZA
dc.identifier.citationGerber, G.A. & Curlewis, L.G. 2018, 'Criminal liability requirements of the new broad-based black economic empowerment (B-BBEE) statutory fronting offence', Journal of Contemporary Roman Dutch Law / Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, vol. 81, pp. 355-373.en_ZA
dc.identifier.issn1682-4490
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/69249
dc.language.isoenen_ZA
dc.publisherLexisNexisen_ZA
dc.rightsLexisNexisen_ZA
dc.subjectCriminalen_ZA
dc.subjectFronting offenceen_ZA
dc.subjectStrafregtelikeen_ZA
dc.subjectBroad-based black economic empowerment (B-BBEE)en_ZA
dc.subjectSwart ekonomiese bemagtiging (SEB)en_ZA
dc.subjectFront misdryfen_ZA
dc.subject.otherLaw articles SDG-08en
dc.subject.otherLaw articles SDG-10en
dc.subject.otherLaw articles SDG-16en
dc.titleCriminal liability requirements of the new broad-based black economic empowerment (B-BBEE) statutory fronting offenceen_ZA
dc.title.alternativeStrafregtelike aanspreeklikheidsvereistes van die nuwe bree basis swart ekonomiese bemagtiging (SEB) statutêre “front” misdryfen_ZA
dc.typeArticleen_ZA

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Gerber_Criminal_2018.pdf
Size:
191.14 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Article

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.75 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: