Verkrummeling van die Augustiniaanse paradigma in die teologie? : ‘n Kritiese bespreking van Cornelis Blom se boek Zonder grond onder de voeten

dc.contributor.authorSpangenberg, I.J.J. (Izak J.J.)
dc.date.accessioned2015-09-14T09:38:16Z
dc.date.available2015-09-14T09:38:16Z
dc.date.issued2010-09
dc.description.abstractThe crumbling of the Augustinian paradigm of theology? A critical discussion of Cornelis Blom’s book Zonder grond onder de voeten The book Zonder grond onder de voeten (i.e. Without any foundation) is the published doctoral thesis which Cornelis Blom submitted at the Free University of Amsterdam. It focuses on evil in creation, and addresses the question: Who is responsible – God or humans? Christian theologians used to conclude (after reading Genesis 1–3) that humans are responsible. Blom, however, takes his cue from the book of Job, and comes to a totally different conclusion. According to his reading of Job and Genesis 1–4, there was no ‘fall’ from a perfect world. Evil existed right from the beginning, and God did not banish it from the world in which humans have to live. The article raises a number of questions concerning Blom’s approach, analyses and conclusions.en_ZA
dc.description.abstractOnmiddellik ná die lees van die boek Zonder grond onder de voeten (Blom 2009) het Philip Kennedy se woorde ‘As Christianity begins its twenty-first century, its Augustinian paradigm of theology has met the fate of the Berlin Wall’ (2006:252) my te binne geskiet. Met die uitdrukking ‘Augustiniaanse paradigma’ vat hy die kern van die Westerse teologie sedert Augustinus (354–430) saam, en som dit dan met hierdie woorde op: ‘sondeval–verlossing–eindoordeel’. Blom se boek is ‘n gepubliseerde proefskrif waarmee hy aan die Vrije Universiteit Amsterdam gepromoveer het. Hy gebruik weliswaar nie die uitdrukking ‘Augustiniaanse paradigma’ nie en maak ook nie die stelling dat hierdie paradigma aan die verkrummel is nie. Tog is dit deur sy hele boek duidelik dat hy hom wél met dié paradigma besig hou, en dat die idee van ‘n perfekte skepping en ‘n sondeval volgens hom géén grond onder die voete het nie. Die idee van ‘n sondeval is tradisioneel uit Genesis 1–4 afgelees, en Augustinus word as die groot argitek daarvan beskou (Durand 1978:49). Blom (2009) verklaar dat hy nie uitsluitlik op die interpretasie van hierdie gedeelte wil fokus nie, maar dat hy wil deurstoot na die vraag na God en die mens se verantwoordelikheid vir die kwaad in die skepping. In sy eie woorde: In deze studie gaat het niet alleen om de juistheid van het schema van schepping en zondeval en de interpretatie van Genesis 1–4 die daarbij hoort, maar ook om de vraag hoe we moeten spreken over God en mens in relatie tot het kwaad. Het gaat me niet alleen om de exegese van Genesis 1–4, maar ook om de theologische implicaties. De centrale vraag in dit onderzoek is: wat is de verantwoordelikheid van God voor het kwaad in de wereld? (Blom 2009:12) Die proefskrif is dus meer as net ‘n eksegetiese studie van Genesis 1–4. Dit wil ook ‘n teologiese studie wees. Dit worstel met die vraag na God se verantwoordelikheid vir kwaad in die skepping. Dit is dus ‘n soort teodisee, maar dan nie ‘n teodisee waarin die antwoord, naamlik dat God kwyt te skeld is van enige verantwoordelikheid vir die kwaad in die wêreld, klaar vasstaan nie (Blom 2009:15). In sy bespreking van die saak wys hy daarop dat verantwoordelikheid in tweërlei sin verstaan kan word, naamlik (1) verantwoordelik in die sin van veroorsaak en (2) verantwoordelik in die sin van aanspreeklik wees. Wat laasgenoemde betref, wys hy op ministeriële verantwoordelikheid in die politiek. ‘n Minister is nie verantwoordelik in die sin dat hy/sy iets veroorsaak het nie, maar in die sin dat hy/sy pa/ma moet staan vir dade wat ander gedoen of nagelaat het om te doen (Blom 2009:12).en_ZA
dc.description.librarianhb2015en_ZA
dc.description.urihttp://www.hts.org.zaen_ZA
dc.identifier.citationSpangenberg, I.J.J., 2010, ‘Die verkrummeling van die Augustiniaanse paradigma in die teologie? ‘n Kritiese bespreking van Cornelis Blom se boek Zonder grond onder de voeten’, HTS Teologiese Studies/Theological Studies 66(1), Art. #848, 7 pages. DOI: 10.4102/hts.v66i1.848.en_ZA
dc.identifier.issn0259-9422 (print)
dc.identifier.issn2072-8050 (online)
dc.identifier.other10.4102/hts.v66i1.848
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/49828
dc.language.isoAfrikaansen_ZA
dc.publisherOpenJournals Publishingen_ZA
dc.rights© 2010. The Authors. Licensee: OpenJournals Publishing. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.en_ZA
dc.subjectBook of Joben_ZA
dc.subjectCreationen_ZA
dc.subjectEvilen_ZA
dc.subjectGenesis 1−4en_ZA
dc.subjectOriginal sinen_ZA
dc.titleVerkrummeling van die Augustiniaanse paradigma in die teologie? : ‘n Kritiese bespreking van Cornelis Blom se boek Zonder grond onder de voetenen_ZA
dc.title.alternativeThe crumbling of the Augustinian paradigm of theology? A critical discussion of Cornelis Blom’s book Zonder grond onder de voetenen_ZA
dc.typeArticleen_ZA

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Spangenberg_Verkrummeling_2010.pdf
Size:
314.31 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Article

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: