Post-commencement finance creditors and post-commencement creditors – one and the same? Mashwayi Projects (Pty) Ltd v Wescoal (Pty) Ltd 2025 3 SA 441 (SCA)
| dc.contributor.author | Swart, Willem Jacobus Christiaan | |
| dc.date.accessioned | 2026-02-24T11:11:40Z | |
| dc.date.issued | 2026-02 | |
| dc.description.abstract | Hierdie vonnisbespreking is 'n kritiese oorweging van die Hoogste Hof van Appèl se beslissing in Mashwayi Projects (Pty) Ltd v Wescoal (Pty) Ltd 2025 3 SA 441 (SCA), waarin die hof moes beslis wie almal as krediteure beskou moet word vir doeleindes van stemming oor 'n voorgestelde ondememingsreddingsplan ingevolge Hoofstuk 6 van die Maatskappywet 71 van 2008 (die Wet). Strydig met die beslissings van die verhoorhof, wat beslis het dat slegs skuldeisers ten tye van die aanvang van ondernemingsredding mag stem, het die Hoogste Hof van Appèl bevind dat die term "skuldeiser", soos gebruik in die betrokke bepalings van die Wet, sy gewone grammatikale betekenis behou en dus beide voor- en na-aanvang skuldeisers insluit, tensy die Wet uitdruklik anders bepaal. Die hof het voorts bevind dat 'n beperkende uitleg wat na-aanvang skuldeisers van stemming uitsluit, moontlik ongrondwetlik sal wees aangesien dit indruis teen die reg op gelyke beskerming in artikel 9 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996. Hoewel die beslissing die regsposisie van na-aanvangsfmansierings skuldeisers versterk, word in hierdie vonnisbespreking betoog dat die hof se uitlegmetodologie problematies is. Die hof het versuim om die term "skuldeiser" in konteks uit te lê met inagneming van die struktuur en doelstellings van Hoofstuk 6, soos voorgeskryf in artikel 5 van die Wet. Spesifieke verwysings na die statutêre raamwerk, insluitend bepalings wat betrekking het op 'n "geaffekteerde persoon", kompromieë met skuldeisers, en die prioriteitsreëling van eise ingevolge artikel 135, is onvoldoende verreken. Voorts word die regsposisie van Mashwayi Projects herbeskou. Hoewel die eise aan Mashwayi ná die aanvang van die ondememingsreddingsproses gesedeer is, het die eisoorsaak onderliggend aan die eis reeds voor daardie tyd bestaan. Daar word geargumenteer dat die fokus eerder op die ontstaan van die eis, en met die identiteit van die houer nie, behoort te val. Die hof se klassifikasie van Mashwayi as 'n na-aanvangsfmansierings skuldeiser is dus onvanpas. Die gevolgtrekking word gemaak dat alhoewel die beslissing van die HHA prakties voordelig mag wees vir die doeltreffende funksionering van ondernemingsreddings-prosesse, die hof onvoldoende gevolg gegee het aan 'n sistemiese en doelgerigte uitlegbenadering wat die Wet vereis, en dus 'n wanbalans geskep het tussen die belange van voor- en na-finansierings skuldeisers. | |
| dc.description.department | Mercantile Law | |
| dc.description.embargo | 2026-08-01 | |
| dc.description.librarian | hj2026 | |
| dc.description.sdg | SDG-16: Peace, justice and strong institutions | |
| dc.description.uri | http://www.lexisnexis.co.za | |
| dc.identifier.citation | W.J.C. Swart “Post-commencement finance creditors and post-commencement creditors – one and the same? Mashwayi Projects (Pty) Ltd v Wescoal (Pty) Ltd 2025 3 SA 441 (SCA)” (2026) Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg / Journal of Contemporary Roman Dutch Law 89(1): 95–103. | |
| dc.identifier.issn | 1682-4490 | |
| dc.identifier.uri | http://hdl.handle.net/2263/108613 | |
| dc.language.iso | en | |
| dc.publisher | LexisNexis | |
| dc.rights | LexisNexis | |
| dc.subject | Na-aanvangsfinansiering | |
| dc.subject | Post-commencement finance | |
| dc.subject | Post-commencement creditors | |
| dc.subject | Skuldeisers | |
| dc.subject | Creditors | |
| dc.subject | Na-aanvang skuldeisers | |
| dc.title | Post-commencement finance creditors and post-commencement creditors – one and the same? Mashwayi Projects (Pty) Ltd v Wescoal (Pty) Ltd 2025 3 SA 441 (SCA) | |
| dc.title.alternative | Na-aanvangsfinansierings skuldeisers en na-aanvang skuldeisers - een en dieselfde? | |
| dc.type | Article |
Files
License bundle
1 - 1 of 1
Loading...
- Name:
- license.txt
- Size:
- 1.71 KB
- Format:
- Item-specific license agreed upon to submission
- Description:
