Can a parental responsibilities and rights agreement be used as a means to circumvent the rights of an existing parent when conferring parental responsibilities and rights on an interested third party?

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Breytenbach, Maritza
Louw, Anne

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

LexisNexis

Abstract

Die oogmerk van artikel 22 van die Kinderwet 38 van 2005 was om die verkryging van ouerlike verantwoordelikhede en regte te vergemaklik waar die moeder of ander houer van ouerlike verantwoordelikhede en regte instem om dit met die artikel 21-vader of belanghebbende derde party te deel. Die doel van hierdie artikel is om vas te stel in watter mate 'n ooreenkoms ingevolge artikel 22 oor ouerlike verantwoordelikheid en regte gebruik kan word as 'n meganisme om die regte van 'n bestaande ouer te omseil wanneer sodanige verantwoordelikheid en regte aan 'n belanghebbende derde party oorgedra word. Die antwoord op hierdie vraag hang grotendeels daarvan af of artikel 22 eng of wyd geinterpreteer word. Die gebruik van die voegwoord "of' tussen die verskillende kategoriee van persone wat baat kan vind by die ooreenkoms maak beide interpretasies moontlik. Die Kinderwet verskaf ook geen klarigheid oor die bedoelde interpretasie nie en by publikasie van die artikel is daar ook geen relevante regspraak hieroor nie. Die artikel begin met 'n ondersoek na die wetgewer se beoogde doel met die insluiting van artikel 22 in die Kinderwet en gaan dan voort om die impak van 'n eng en wye interpretasie van die bepaling op die belange van die kind en ouer te ondersoek. Daar word vlugtig na die Engelse Kinderwet verwys om vas te stel hoe did jurisdiksie kinders en ouers se regte beskerm onder soortgelyke omstandighede. Met verwysing na die daargestelde beskermingsmeganismes in die Engelse Kinderwet, identifiseer die artikel die leemtes in artikel 22 wat ontstaan uit die wye interpretasie en maak voorstelle om die moontlike nadele wat uit so n interpretasie kan volg, aan te spreek.

Description

This article is an adaptation of Maritza Breytenbach Parental responsibilities and rights agreements: An impact study of section 22 of the Children's Act 38 of 2005 (LLM dissertation, University of Pretoria 2019), under the supervision of Professor Anne Louw.

Keywords

Agreement, Rights, Third party, Ooreenkoms, Regte, Derde party

Sustainable Development Goals

Citation

Breytenbach, M. & Louw, A. 2021, 'Can a parental responsibilities and rights agreement be used as a means to circumvent the rights of an existing parent when conferring parental responsibilities and rights on an interested third party?', Journal of Contemporary Roman Dutch Law / Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, vol. 84, no. 3, pp. 371-392.