n Plantsosiologiese studie van die Suikerbosrandnatuurreservaat
Loading...
Date
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of Pretoria
Abstract
Die doel van hierdie studie was om die plantegroei van die Suikerbosrandnatuurreservaat volgens die metodes van die Zurich-Montpellier-skool vir plantsosiologie t~ klassifiseer, te beskryf, te karakteriseer en ekologies te interpreteer. Die Suikerbosrandnatuurreservaat, wat een van die jongste na= tuurreservate onder die beheer van die Afdeling Natuurbewaring van die Transvaalse Provinsiale Administrasie is, is ongeveer 40 kilometer suidoos van Johannesburg gelee. Die reservaat beslaan ongeveer 13 336 ha, is tussen 1 524 en 1 916 m bo see= spieel gelee en sluit rante en berge met 'n hoogliggende plato asook relatief laagliggende vlaktes in. Oar die alge= meen is die terrein baie gebroke met 'n komplekse fisiografie. Die heterogene plantegroei is waarskynlik die gevolg van die heterogene topografie. Die lawas van die Ventersdorpsisteem beslaan die westelike deel van die reservaat, terwyl die ruwe rotsagtige kwartsiet= rante van die Witwatersrandsisteem in die oostelike gedeelte van die reservaat baie prominent is. Alluviale afsettings bedek lokaal die moedergesteentes terwyl klein intrusies van diabaas en dioriet ook voorkom. Die terrein is in 'n somerreenvalstreek met gematigde somers en baie koue winters met strawwe ryp, gelee. Ten einde 'n idee van die makroklimaat wat op die reservaat verwag kan word te verkry, is klimaatsgegewens vanaf nabygelee weerstasies verkry. Dit is egter waarskynlik dat die groat variasie in topografie 'n invloed op die mikro- en mesoklimaat van die gebied het. Oorbeweiding en vertrapping gekoppel aan die invloed van veld= brand is van die belangrikste biotiese faktore wat bespreek word. Nadat die studieterrein in 'n aantal fisiografies-fisionomiese eenhede verdeel is, is 'n aantal monsterpersele ewekansig in elk van hierdie eenhede versprei. 'n Totaal van 300 monster= persele, wat gemiddeld een monsterperseel per 44 ha verteen= woordig, is gebruik. Die gestratifieerde ewekansige versprei= ding van monsterpersele is 'n doeltreffende metode van monsterneming. In elk van die monsterpersele is 'n volledige floristiese opname gemaak en die kruinbedekking van alle spesies is aange= teken. Omgewingsfaktore soos geologie, hoogte bo seespieel, aspek, helling en 'n aantal grondeienskappe is by elke monster= perseel bepaal. Hierdie gegewens is met behulp van die BraunBlanquet tabuleertegniek verwerk en nadat 37 plantgemeenskappe geidentifiseer is, is elke gemeenskap aan die hand van die omgewingsfaktore ekologies geinterpreteer. Die Braun-Blanquet-metode het 'n goeie klassifikasie van die plantegroei van die reservaat tot gevolg gehad en die gemeenskappe wat onderskei is, kan met bepaalde omgewingsfak= tore gekorreleer word. Die plantgemeenskappe is nie in 'n hierargiese klassifikasie gegroepeer nie omdat te min van die plantegroei in die omgewing van die reservaat bekend is. Die gemeenskappe word in 'n plantegroeikaart aangetoon en word ook floristies en fisionomies beskryf, terwyl kwantitatiewe gegewens asook onderlinge verband tussen die gemeenskappe in plantsosiologiese tabelle weergegee word. 'n Vleigemeenskap wat nie in die opname ingesluit is nie, word floristies bespreek. Sewe hoof plantegroeitipes is onderskei: 1. Rhus pyroides-bosse; 2. Canthium giZfilZanii-Aristida transvaaZensis-Cymbopogon marginatus-savanne; 3. Eragrostis raaemosa-Digitaria monodaatyZa-grasveld; 4. EuaZea arispa-Rhoiaissus tridentata-boom- en struikveld; 5. Traahypogon spiaatus-Themeda triand~a-grasveld; 6. Eragrostis aurvuZa-oulandgemeenskap en 7. Vleigemeenskap. 'n Vereenvoudigde plantegroeikaart wat verkry kan word deur floristies en ekologies naverwante gemeenskappe saam te groepeer, kan moontlik as 'n basis vir 'n bestuursprogram asook vir verdere navorsing in die verskillende ekosisteme wat op die reservaat verteenwoordig word, dien. 'n Lys van alle spesies wat op die reservaat versamel is, word ingesluit.
Description
Dissertation (MSc)--University of Pretoria, 1975.
Keywords
Plantsosiologiese, Suikerbosrandnatuurreservaat, UCTD
