Claims against employees : interpretation and application of Section 34 of the Basic Conditions of Employment Act 75 of 1997
Loading...
Date
Authors
Diedericks, Leana
Van Eck, B.P.S. (Stefan)
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LexisNexis
Abstract
Arbeidsreg het ten doel om meer gelyke balans tussen werkgewers en werknemers
te skep. Die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 bied byvoorbeeld beskerming aan
werknemers, synde die swakker belangegroep, teen onbillike ontslag en dit maak ook vir
omvangryke vakbondregte voorsiening. Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van
1997 skryf insgelyks beskermingsmaatreëls ten opsigte van diensvoorwaardes voor.
Die vraag kan met reg gestel word of werkgewers teen hierdie agtergrond enigsins
geregtig is om aftrekkings van werknemers se vergoeding te maak. Artikel 34 van die Wet
op Basiese Diensvoorwaardes reguleer werkgewers se reg om aftrekkings van werknemer
se vergoeding te maak ten einde gelede skade te verhaal. Artikel 34 verskaf enersyds
aan werkgewers spoedige meganisme om vergoed te word sonder om te litigeer,
maar dit bied andersyds beskerming aan werknemers deur formaliteite, prosedures en
kwantum voor te skryf.
In hierdie bydrae word artikel 34 ontleed en probleemgebiede rakende aftrekkings word
uitgewys. Aanbevelings word voorts gemaak oor hoe die howe die bepaling behoort te
vertolk tot tyd-en-wyl voorgestelde wysiging aan die artikel aangebring word.
Description
Keywords
Basic Conditions of Employment Act 75 of 1997, Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997, Eise teen werknemers, Claims against employees
Sustainable Development Goals
Citation
Diedericks, L & Van Eck, BPS 2015, 'Claims against employees : interpretation and application of Section 34 of the Basic Conditions of Employment Act 75 of 1997', Tydskrif vir Hedendaagse Romeins Hollandse Reg, vol. 78, no. 3, pp. 476-487.