Military intervention in Syria : the American, British and French alternatives and the Russian option

dc.contributor.authorVan der Vyver, J.D. (Johan David)
dc.date.accessioned2015-09-29T05:41:31Z
dc.date.available2015-09-29T05:41:31Z
dc.date.issued2015
dc.description.abstractDie gebruik van chemiese wapens deur die Siriese owerheid teen rebellegroepe in die land het dwarsoor die wereld opslae gemaak. Die Amerikaanse, Britse en Franse owerhede het gedreig met gewapende ingrype teen ongedefinieerde teikens in Sirie maar het regverdiging vir sodanige ingrype op verskillende gronde gebaseer. Die Britse Eerste Minister David Cameron het gewapende ingrype op grond van humanitere intervensie probeer regverdig, President Barack Obama van die Verenigde State sou dit op grond van oorwegings van selfverdediging en die verdediging van Amerikaanse bondgenote in die Midde Ooste regverdig, terwyl die Franse Eerste Minister Jean-Marc Ayrault gewag gemaak het van die noodsaak om Sirie te straf vir sy vergrype teen die verbod van internasionele gewoontereg op die gebruik van chemiese wapens. In hierdie artikel word aangevoer dat hoewel oorlogsmaatreels in hedendaagse humanitere reg nie tot die gronde beperk is wat in artikels 42 en 51 van die Handves van die Verenigde Nasies vermeld word nie, die gronde ter regverdiging van gewapende ingrype in Sirie wat deur die staatshoofde van die Verenigde State, Britanje en Frankryk aangevoer is, nie regtens geoorloof is nie. Humanitere intervensie is tradisioneel gemik op die omverwerping van 'n regering wat sy eie burgers se regte ondermyn, maar al drie lande het dit duidelik gestel dat hulle nie daarop ingestel is om die Siriese regering tot 'n val te bring nie; voorkomende selfverdediging is alleen geregverdig as 'n militere aanval onmiddellik dreigend is, en nog die Verenigde State nog enige van sy bondgenote is met 'n militere inval bedreig; en strafmaatreels teen 'n staatsowerheid is 'n uitsluitlike prerogatief van die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies. Die Russiese Federasie het gevolglik die weg gebaan, naamlik om die aangeleentheid na die Veiligheidsraad te verwys. Dit het daarop uitgeloop dat Sirie verbied is om chemiese wapens te ontwikkel, te verkry of op te berg, en dat Sirie die 1993 Konvensie aangaande die Verbod op die Ontwikkeling, Vervaardiging en Opberging en Gebruik van Chemise Wapens en die Vernietiging van Sodanige Wapens op 14 September 2013 geratifiseer het.en_ZA
dc.description.librarianam2015en_ZA
dc.description.urihttp://www.dejure.up.ac.za/en_ZA
dc.identifier.citationVan der Vyver, JD 2015, ‘Military intervention in Syria : the American, British and French alternatives and the Russian option', De Jure, vol. 48, no. 1, pp. 36-54.en_ZA
dc.identifier.issn1466-3597
dc.identifier.other10.17159/2225-7160/2015/v48n1a3
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/50084
dc.language.isoenen_ZA
dc.publisherPretoria University Law Pressen_ZA
dc.rightsPretoria University Law Pressen_ZA
dc.subjectSyriaen_ZA
dc.subjectSirieen_ZA
dc.subjectMilitary interventionen_ZA
dc.subjectMilitere ingrypeen_ZA
dc.titleMilitary intervention in Syria : the American, British and French alternatives and the Russian optionen_ZA
dc.title.alternativeMilitere ingrype in Sirie : die Amerikaanse, Britse en Franse Alternatiewe en die Russiese opsieen_ZA
dc.typeArticleen_ZA

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
VanDerVyver_Military_2015.pdf
Size:
170.85 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Article

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: