Genl S G (Manie) Maritz se aandeel aan die rebellie van 1914 -1915

dc.contributor.advisorVan Rensburg, A.P.J.
dc.contributor.postgraduateBritz, Jurgens Johannes
dc.date.accessioned2014-08-25T07:58:41Z
dc.date.available2014-08-25T07:58:41Z
dc.date.created1979-11-01
dc.date.issued1979en_US
dc.descriptionDissertation (MA)--University of Pretoria, 1979.en_US
dc.description.abstractToe die Rebel1ie in 1914 uitbreek, was Salomon Gerhardus (Manie) Maritz op 38-jarige ouderdorn die jongste van alle eertydse Boere-generaals uit die Anglo-Boereoorlog (1899- 1902). Irnmer rusteloos van geaardheid, daarby voortvarend en impulsief, sou die daaropvolgende gebeure hom opnuut, soos 14 jaar te vore, in die vuurproef plaas. Na die Vrede van Vereeniging het Maritz geweier om Britse onderdaan te word en wyk uit na Angola en Europa. In 1912, ses jaar na sy terugkeer, word hy rnajoor in die pasgestigte Unie-Verdedigingsmag. Tydens sy militêre op1eiding in Bloemfontein besluit hy en mede-wapenbroer Jan Kemp om die eerste die beste geleentheid te benut om die republikeinse onafhanklikheid te herwin. In 1913 kontak hy die Duitse owerheid om vas te stel of hulle ingeval van 'n opstand hom van wapens en ammunisie sou voorsien maar dit was nie 'n forrnele ooreenkorns nie. Tydens 'n offisiersvergadering te Pretoria (14 Augustus 1914) lê hy sy beplande staatsgreep vir 15 September 1915 aan Beyers voor en versoek hom om aan die hoof daarvan te staan. Oortuig dat Beyers hom ondersteun, kom hy met die Duitsers tot 'n vergelyk en reel vir Beyers op 15 September 'n afspraak met dr. T. Seitz, die Duitse goewerneur, om finale reëlings te tref. Die bedanking van Beyrs (14 september) en die dood van de la Rey (15 September) wat self met rnedewete van Kemp 'n staatsgreep beplan het, dwing Maritz om ander planne te beraam. Omdat hy hierna kontak met die leiers van die protesbeweging in Transvaal verloor het, was Maritz op homself aangewys. Sy voortdurende briefwisseling met genl. Smuts, met majoor B. Enslin as tussenganger het horn oortuig dat Smuts hom oor die grens wou dwing. Op 23 September 1914 het hy van Smuts opdrag ontvang om Duits-Suidwes-Afrika binne te val maar hy weier en vra sy ontslag. Smuts vertraag die ontslag en stuur ondertussen troepe-versterkings na Upington Hierop het Maritz 'n finale ooreenkoms waarin die onafhanklikheid van Suid-Afrika geproklarneer is, met die Duitsers gesluit en op 9 Oktober 1914 te Van Rooisvlei gerebelleer. Omdat die regering nie op sy versoek om met genls. Beyers, Hertzog, de Wet, Kemp en Muller te onderhandel, reageer het nie, beset hy Keimoes en Kakamas. Na vergeefse onderhandelings met genls. Smuts en Brits om bloedvergieting te voorkom, trek hy sy troepe op Kakamas saam, proklameer die "" Republi.ek van Suid-Afrika", trek die swaard en val Keimoes (22 Oktober) aan. Omring deur reqeringstroepe onttrek hy hom na Jerusalem in Duitswes-Afrika; terwyl 'n deel van sy mag op Kakamas (24 Oktober) deur regeringstroepe aangeval is. Op 29 November sluit genl. Kemp by hom aan en na finale onderhandelings met die Duitsers te Keetmanshoop (6 Desember 1914) val hulle Kaapland binne. Tydens die gevegte van Nous (22 Desember), Langklip (14 Januarie 1915), Lutzputs (18 Januarie 1915) verslaan hulle die regeringstroepe maar word self te Upington (24 Januarie 1915) verslaan en na uitgerekte onderhandelings tot oorgawe gedwing. Maritz self het nie oorgegee nie maar weer eens uitqewyk na Duits-Suidwes-Afrika, Angola, Portugal, Spanje en Duitsland. In 1923 bet hy na Suid-Afrika teruggekeer en hom vrywilliglik oorgegee. In 1924 is hy aan hoogverraad skuldig bevind en tot drie jaar tronkstraf sender hardepad gevonnis, maar is na drie maande losgelaat nadat die Naionale Party onder leiding van genl. Hertzog 'n verkiesingsoorwinning oar die Suid-Afrikaanse Party van genl. Smuts behaal het.en_US
dc.description.availabilityUnrestricteden_US
dc.description.departmentHistorical and Heritage Studiesen_US
dc.description.librariangm2014en_US
dc.identifier.citationBritz, JJ 1979, Genl S G (Manie) Maritz se aandeel aan die rebellie van 1914 -1915, MA dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/41574>en_US
dc.identifier.otherE14/4/521/gmen_US
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/41574
dc.language.isoAfrikaansen_US
dc.publisherUniversity of Pretoriaen_ZA
dc.rights© 1979 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.en_US
dc.subjectSalomon Gerhardus (Manie) Maritzen_US
dc.subjectAnglo-Boereoorlogen_US
dc.subjectVrede van Vereenigingen_US
dc.subjectRebellie in 1914 uitbreeken_US
dc.subjectAngolaen_US
dc.subjectEuropaen_US
dc.subjectOffisiersvergaderingen_US
dc.subjectPretoriaen_US
dc.subjectVuurproef plaasen_US
dc.subjectUCTDen_US
dc.titleGenl S G (Manie) Maritz se aandeel aan die rebellie van 1914 -1915en_US
dc.typeDissertationen_US

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Britz_Genl_1979.pdf
Size:
18.73 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Dissertation

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: