Meaningful knowledge? Law and ethics in post-genomic gene therapy research
Loading...
Date
Authors
Nienaber, A.G. (Annelize Gertruida)
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LexisNexis
Abstract
Nuwe metodes om menslike gene te “redigeer”, soos CRISPR-Cas9, sal wetenskaplikes in die toekoms in staat stel om presiese veranderinge aan te bring aan die menslike genoom – ʼn feitlik ondenkbare prestasie in die vorige eeu. Die toekoms van genetiese manipulasie is dus vol belofte – en voorspel ʼn einde aan sommige van die mees uitdelgende menslike siektetoestande. Dit is nou hoog tyd om die lesse wat ons geleer het uit die geskiedenis van kliniese navorsing te herroep: lesse van wetenskaplike, filosofiese en etiese belang. Hierdie lesse omvat ook die lesse wat ons geleer het uit die dood van Jesse Gelsinger in 1999 vanweë komplikasies as gevolg van die toediening van ʼn proef-produk in ʼn lewer geen-terapie kliniese proef. Die artikel steun op die geskiedenis van kliniese navorsing ten einde voor te stel dat Suid-Afrikaanse navorsingsetiekkomitees die konsepte tradisioneel gebruik in die evaluering van kliniese navorsing, soos “toestemming”, “risiko” en “geregtigheid”, herevalueer sodat navorsing gedoen word wat betekenisvolle kennis sal oplewer. Die vraag word ge¬vra na wat betekenisvolle kennis daarstel in postgenomiese geen-terapie navorsing, asook die omstandighede waarin sulke kennis betekenisvol sal wees vir wetenskaplikes, die deelnemers aan navorsing of hulle gemeenskappe.
Description
The article is based on the author's inaugural address as Head of the Department of Public
Law, University of Pretoria, delivered on 22 May 2018.
Keywords
Knowledge, Law, Ethics, Kennis, Reg, Etiek
Sustainable Development Goals
Citation
Nienaber, A. 2019, 'Meaningful knowledge? law and ethics in post-genomic gene therapy research', Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg / Journal of Contemporary Roman Dutch Law, vol. 82, no. 1, pp. 1-29.