Abstract:
'n Hipotese oor die moontlike ontstaan van 'n verpligte simbiotiese
verhouding van die Buphaginae met sekere soogdierspesies is geformuleer.
Die gespesialiseerde leefwyse van hierdie subfamilie het
noodwendig veroorsaak dat hul huidige status en verspreiding drasties
verander het. Dit wil voorkom asof Buphagus africanus uitgesterf
is suid van die Limpoporivier en dat sowel die verspreiding
as getalle van B. erythrorhynchus noemenswaardig afgeneem het.
'n Totaal van 21 641 bosluise is gevind in 53 mae van B. erythrorhynchus
wat ontleed is en hierdie bosluise was vir 52,3% van die massa
van die herkenbare maaginhoud verantwoordelik. Die genera Boophilus
en Rhipicephalus was gesamentlik verantwoordelik vir 89,8% van die
totale getalle bosluise wat benut is. In gekontroleerde eksperimente
met voels in gevangenskap is ook 'n voorkeur vir Boophilus
en R. appendiculatus aangetoon. In soortgelyke eksperimente is
ook bepaal dat bosluise betekenisvol beheer word. Daar is vasgestel
dat die beheer vir nimfe, larwes en volwassenes van Boophilus
- 59,8%, 36,9% en 97%, onderskeidelik, is. In eksperimente in
gevangenskap is oak gevind dat bosluise wat met chloromethiuron
enamitrazbehandel is, geen nadelige uitwerking op die voels het
nie. Vyftien monsters van voedsel wat aan die kuikens gevoer is,
is versamel en ontleding hiervan het daarop gedui dat bosluise
43,6% van die totale massa uitmaak in vergelyking met Diptera (19,4%}
en hare en weefsel (35,0%). Deur waarnemings is bepaal dat die onverdraagsaamheid van sekere
soogdierspesies die soogdierverhoudings van B. erythrorhynchus kan
beinvloed. By die waterbok, basterhartbees en steenbok wil <lit
voorkom asof hierdie afwerende gedrag die rede is waarom die voels
n1e met hierdie spesies assosieer nie. By die soogdiere waarmee
11
die voels wel assosieer, wil dit voorkom asof daar 'n verband 1s
tussen die versorgingsgedrag en die afwerende gedrag wat deur die
spesie getoon word en dat soogdiere wat aan dieselfde familie behoort,
eenderste afwerende reaksies toon. In die geval van die
rooibok is bepaal dat faktore soos die aktiwiteite van die voels,
die getal voels wat met die rooibok assosieer, die aktiwiteit van
rooibok en die tyd van die dag die afwerende gedrag kan beinvloed.
Die benutting van 16 soogdierspesies deur B. erythrorhynchus is
bestudeer en daar 1s bepaal dat die verskillende soogdiersimbionte
verskillen<l benut word. Faktore wat hier 'n rol speel, is moontlik
die morfologie van die simbionte, die beskikbare voedsel en onverdraagsaamheid
van die simbionte.
In 'n ekologiese studie van B. erythrorhynchus is bepaal dat die
verspreidingspatroon enersyds deur die verspreiding en andersyds
deur die konsentrasies van die soogdiersimbionte beinvloed word.
In Suid-Afrika is bepaal dat die hoogste renostervoelkonsentrasie
1n die Hluhluwe/Corridor/Umfolozi-kompleks is, met 0,0023 voels/ha.
Studies in vier natuurreservate het daarop gedui dat daar 'n
voorkeur vir sekere soogdierspesies bestaan en dat in die afwesigheid van 'n voorkeurspesie die volgende spesie in die rangorde
bcnut word. In landbougebiede is bepaal dat faktore soos die getalle
van sowel gedomestiseerde as ongedomestiseerde simbionte
en die gebruiksfrckwcnsie van en tipe akariendoder wat aan8ewend
word, moontlik die ekologie van B. erythrorhynchus beinvloed.