Die graniet van Steelpoort Park (Oos-Transvaal), 'n intrusie transgressief oor die gelaagdheid van die Bosveldstollingskompleks

Show simple item record

dc.contributor.postgraduate Hammerbeck, Erik Carl Ivar
dc.date.accessioned 2022-05-17T11:22:37Z
dc.date.available 2022-05-17T11:22:37Z
dc.date.created 10/8/2021
dc.date.issued 1965
dc.description Dissertation (MSc)--University of Pretoria, 1965.
dc.description.abstract Met die doel om die aard en die oorsprong van die Steelpoort Parkgraniet vas te stel is 'n gebied van 100 vierkante myl in Oos-Transvaal gekarteer. Die informasie so ver-: kry word op 'n kaart aangebied. Die graniet van Steelpoort Park is 'n lensagtig peulvormige intrusie wat feitlik oor die hele Bo- en Hoofsone van die Bosveldstollingskompleks sny en 'n lengte van meer as 16 myl het. In die suidweste verdwyn die plutoon onder die oppervlak en eindig baie plotseling. By die noordoostelike eindpunt tree die onderkant van die intrusie aan die oppervlak en die granietmassa wig geleidelik uit. Op die plaas Buffelshoek 368 KT is 'n gekompliseerde kontaksone tussen die graniet en die gabbro blootgestel. Die volgende gesteentetipes is hier onderskei: (i) Intrusiewe breksie - ongekontamineer, (ii) Intrusiewe breksie - aansienlik gekontamineer en (iii) Hibriedegesteente. Die graniet toon aansienlike variasie in mineralogiese sowel as chemiese samestelling, maar dit vergelyk tog goed met die Bosveldgranieto Die gesteente bevat xenoliete van leptiet en moontlike Argeïese graniet. Ander aspekte van die Bosveldstollingskompleks het in die gekarteerde gebied oak aandag getrek. In die middel van die Hoofsone van die Bosveldstollingskompleks bevat die gabbro op plekke 'n vergroeide plagioklaas wat taamlik seker 'n mirmekiet is. Die Hoofmagnetietband aan die basis van die Bosone is op plekke baie onrelmatig. Dit splits in drie dunner bande wat transgressief oor die gelaagdheid van die gabbro sny en met die eerste oorliggende magnetietband verenig. In een geval is selfs 'n sinklinale afbuiging van hierdieband waargeneem. Oor die algemeen besit die magnetitiet in die in die gekarteerde gebied 'n verbasende ooreenkoms met die van-Magneethoogte. In die oostelike gedeelte van die area is magnetiese ystererts teengekom wat gangvormige intrusies blyk te wees. 'n Dik laag oliviendioriet is in die Basone van die Bosveldstollingskompleks bekend. In die middel van die Hoofsone is ook twee dagsome van hierdie gesteente sarun met magnetitiet aangetref. Dit is nie duidelik of dit verband het met die pegmatoYede of 'n gelaagde sone volg nie. In die noordwestelike gedeelte van die gebied wat ondersoek is, is daar 'n xenoliet in die gabbro gevind. Dit bestaan uit kwartsiet en mafiese granuliet wat in plekke baie ryk aan magnetiet is en wat in een geval selfs van 'n lawa afkomstig kan wees. Gange van 'n tingualet, 'n gekarbonatiseerde alkaliese gesteente en 'n eienaa.rdige groen amandelpitdraende diabaas is jonger as die Bosveldstollingskompleks.
dc.description.availability Unrestricted
dc.description.degree MSc
dc.description.department Math and Physics
dc.identifier.citation *
dc.identifier.uri https://repository.up.ac.za/handle/2263/85554
dc.language.iso af
dc.publisher University of Pretoria
dc.rights © 2020 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.
dc.subject UCTD
dc.subject Graniet
dc.subject Steelpoort Park
dc.subject Oos-Transvaal
dc.subject intrusie transgressief
dc.subject Bosveldstollingskompleks
dc.title Die graniet van Steelpoort Park (Oos-Transvaal), 'n intrusie transgressief oor die gelaagdheid van die Bosveldstollingskompleks
dc.type Dissertation


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record