Suid-Afrikaanse mediese reg in die era van CRISPR-CAS9: regulerings-lacunae, aanspreeklikheid en toeganklikheid

Please be advised that the site will be down for maintenance on Sunday, September 1, 2024, from 08:00 to 18:00, and again on Monday, September 2, 2024, from 08:00 to 09:00. We apologize for any inconvenience this may cause.

Show simple item record

dc.contributor.advisor Carstens, Pieter Albert, 1960-
dc.contributor.postgraduate Thomas, Chrislie
dc.date.accessioned 2022-02-11T08:14:54Z
dc.date.available 2022-02-11T08:14:54Z
dc.date.created 2022-04
dc.date.issued 2021
dc.description Dissertation (LLM)--University of Pretoria, 2021. en_ZA
dc.description.abstract Oor die afgelope 70 jaar het die wetenskap 'n lang pad gestap ten einde die boustene van die menslike lewe te probeer ontsyfer. Uiteindelik staan ons nou voor 'n opwindende keerpunt: die implimentering van tegnologieë soos CRISPR-Cas9 wat oorerflike genoomredigering 'n werklikheid binne ons bereik sal maak. Ofskoon vooruitgang in hierdie mediese tegnologie beloof om gesondheidsorg tot op ‘n nuwe vlak van ontwikkeling te neem, is dit nog geensins foutloos en sonder uitdagings nie. Trouens, hierdie vooruitgang stel nie net verskeie etiese, regs- en sosiale uitdagings daar nie, maar daar is ook geldige kommer oor die sloering van die reg en regsetiek ten aansien hiervan. Ten spyte daarvan dat Suid-Afrika, as ontwikkelende land veral kwesbaar vir laasgenoemde is, staar die land veral drie voorsienbare kwelpunte in die gesig, naamlik: ‘n grotendeels onderontwikkelde regulatoriese raamwerk vir die etiese regulering van hierdie mediese dienste; ‘n skerp toename in siviele eise wat verband hou met die redigering van menslike kiemlyne en ‘n groter gaping in toegang tot kwaliteit gesondheidsorg in konteks van geen-terapie vir diegene wat dit die nodigste het. Laasgenoemde drie uitdagings sal in hierdie verhandeling ontleed en bespreek word, en daar sal aangevoer word dat alhoewel die moderne wetenskap ons van talle nuwe oplossings voorsien, dit ook talle ongekende uitdagings inhou. Welke uitdagings op ‘n regsetiese wyse aangespreek behoort te word. Daarmee saam behoort dit nie uit die oog verloor te word nie dat die reg saam met die wetenskap moet groei en ontwikkel om stagnering te voorkom. Die unieke transendentale aard van die geneeskundige reg en die en impak daarvan op ander verwante vakgebiede, sal blakend in die argumente van hierdie verhandeling weerspieël word. Die interaksie tussen geneeskundige reg en ander dissiplines soos bio-etiek, internasionale reg, wetsuitleg, deliktereg, skadevergoedingsreg en regsfilosofie gaan deurgaans te voorskyn kom en die noodsaak vir ‘n interdissiplinêre benadering ten einde groei en vooruitgang in ‘n dinamiese en uitdagende veld te bewerkstellig, gaan soos ‘n goue draad deur hierdie verhandeling geweef word. en_ZA
dc.description.availability Unrestricted en_ZA
dc.description.degree LLM (Public Law) en_ZA
dc.description.department Public Law en_ZA
dc.description.sponsorship Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en_ZA
dc.identifier.citation * en_ZA
dc.identifier.other A2022 en_ZA
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/83802
dc.language.iso Afrikaans en_ZA
dc.publisher University of Pretoria
dc.rights © 2022 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.
dc.subject UCTD en_ZA
dc.subject Mediese Reg in Suid-Afrika en_ZA
dc.title Suid-Afrikaanse mediese reg in die era van CRISPR-CAS9: regulerings-lacunae, aanspreeklikheid en toeganklikheid en_ZA
dc.type Dissertation en_ZA


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record