Die bestuur van onderwyserwelstand in stedelike skole in Pretoria

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

University of Pretoria

Abstract

In hierdie navorsing word ondersoek ingestel na die rol van die skoolhoof ten opsigte van die handhawing van onderwyserwelstand. ’n Kwalitatiewe studie is by vier staatskole in Gauteng gedoen. Twee metodes is gebruik om data te versamel. Eerstens is ’n vraelys in die vorm van ’n narratiewe raamwerk opgestel en aan deelnemers gegee. Tweedens is onderhoude met die deelnemers gevoer wat semi-gestruktureerde vrae moes beantwoord. Deur die data te ontleed, te analiseer, volgens temas te klassifiseer en gevolgtrekkings te maak, is bevind dat die skoolhoof inderdaad ’n rol speel in die handhawing van onderwyserwelstand. Dit is egter nie die enigste faktor wat onderwyserwelstand beϊnvloed nie. Daar is bevind dat die skoolbestuurspan, sowel as kollegas, ouers en dissipline in die klaskamer ook ’n rol speel.

Description

Dissertation (MEd)--University of Pretoria, 2021.

Keywords

UCTD, ELMP, Onderwyserwelstand, Bestuur

Sustainable Development Goals

Citation

*