Abstract:
Die korporatiewe landskap in Suid-Afrika het heelwat verander vanaf 1994. Daar was tot
dusver baie ontwikkelinge, nie net in die korporatiewe reg en korporatiewe bestuur nie,
maar ook in verband met korporatiewe sosiale verantwoordbaarheid. Die rol van maatskappye
in die gemeenskap het verander. Daar word van hulle verwag om nie alleenlik
aandeelhouers se belange in ag neem nie, maar ook die belange van ander groepe. Hierdie
bydrae ondersoek ontwikkelinge in die korporatiewe reg, korporatiewe bestuur en korporatiewe
sosiale verantwoordbaarheid. Die posisie in Suid-Afrika word vergelyk met die
van Indie ten einde te bepaal of Suid-Afrika 'n hibriede benadering kan aanneem en lesse
van die ontwikkelinge in Indie kan leer.
Description:
This contribution is based on research conducted by the second author for her masters dissertation in corporate law titled Corporate social responsibility in South Africa and India: A comparative analysis (LLM dissertation UP 2019), completed under supervision of the first author. (http://hdl.handle.net/2263/77434)