Die geskiedenis van die Nasionale Dieretuin van Suid-Afrika, Pretoria, 1899-1984

Show simple item record

dc.contributor.advisor Ferreira, O.J.O. (Ockert Jacobus Olivier), 1940-
dc.contributor.advisor Stals, Willem Adriaan
dc.contributor.postgraduate Oberholster, Johett Maria Martine
dc.date.accessioned 2021-09-01T08:12:08Z
dc.date.available 2021-09-01T08:12:08Z
dc.date.created 1992
dc.date.issued 1992
dc.description Dissertation (MA (Geskiedenis))--University of Pretoria, 1992. en_ZA
dc.description.abstract Afrikaans: Hierdie studie handel oor die geskiedenis van die totstandkoming en die ontwikkeling van die Nasionale Dieretuin van Suid-Afrika tot 1984. Dit was deur die volgehoue ywer van dr. J.W.B. Gunning, toenmalige Direkteur van die Staatsmuseum en later die eerste Direkteur van die Nasionale Dieretuin, dat hierdie instansie in Oktober 1899 tot stand gekom het. Vanaf sy ontstaansjare het hierdie dieretuin van krag tot krag gegaan en dit word vandag deur lede van die lnternasionale Unie van Dieretuindirekteure as een van die tien bestes in die w~reld gereken. Met die totstandkoming van die Dieretuin, wat aanvanklik deel van die Staatsmuseum was, was dit onder die beheer van die Departement van Onderwys van die Zuid-Afrikaansche Republiek, en 'n kuratorium of Komitee van vyf is deur die betrokke departement aangestel. Dr. N .J. Mansvelt, die Superintendent van Onderwys, was die eerste voorsitter van die Komitee. Mettertyd is nie net die Komitee nie, maar ook die personeel van 29 persone aansienlik vergroot en teen 1980 het die Raad (soos wat die beheerliggaam later genoem is) uit vyftien en die personeel uit 162 lede bestaan. Op finansiele gebied het die Dieretuin lank 'n felle stryd om oorlewing gevoer. Die depressie van die dertigerjare met gepaardgaande hoe voedselpryse en onderhoudskoste het die Komitee byna op sy kniee gehad. Vertoe om verhoogde staat- en stadsraadsubsidies het meestal op dowe ore geval. Dit was egter dr. R.C.H. Bigalke, die derde Direkteur, se volgehoue pers- en radiopropagandaveldtog wat besoekers in groat getalle na die Dieretuin begin lok het en s6 is die finansiele stryd stadig maar seker gewen. Ten spyte van bogenoemde wurggreep waarin die instansie horn bevind het, is die terrein steeds verder ontwikkel deurdat daar van die hulp van werklose mans onder die Werkverligtingskema gebruik gemaak is. S6 het die Noordelike Uitbreiding, wat vandag as een van die mooiste gedeeltes van die Dieretuin beskou word, tot stand gekom. Natuurbewaring was van meet at aan een van die Nasionale Dieretuin se vernaamste doelstellings. Dit was dus noodsaaklik om op hoogte te bly van alle aspekte rakende die teling, voeding en versorging van die diere. Wat die aanteling betref, is nie net prestasies op nasionale vlak behaal nie - waar die Dieretuin die eerste in Suid-Afrika was om sekere diersoorte met welslae in gevangenskap te laat aanteel, maar soms selfs die eerste in die w~reld. Hiervan getuig die welslae wat reeds by die instansie se wildteelplase by De Wildt, Lichtenburg en Potgietersrus behaal is. Naas die bewaring en versorging van die diereversameling was die Dieretuin se kontak met die publiek van die grootste belang en is geen moeite ontsien om nie net deur middel van formele en informele lesings voorligting en inligting oor die dierelewe te verskaf nie, maar ook om ontspanningsgeriewe daar te stel. Verder was die Dieretuin voortdurend betrokke by soortgelyke instansies (nasionaal sowel as internasionaal) deur konferensies by te woon en daar lesings aan te bied. en_ZA
dc.description.abstract English: This study describes the history of the establishment and development of the National Zoological Gardens of South Africa from 1899 to 1984. Thanks to the unfailing efforts of Dr J. W. B. Gunning, then Director of the Staatsmuseum (Government Museum) and later the first Director of the National Zoo, the institution was founded in October 1899. It developed progressively over the years and is today regarded by the International Union of Zoo Directors as one of the ten best zoos in the world. At its inception the Zoo resorted under the Staatsmuseum and was administered by the Department of Education of the Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal Republic). The latter appointed a governing body, consisting of a Committee of five, under the chairmanship of Dr N.J. Mansvelt, then Superintendent of Education. In due course the membership of the Committee and the Zoo's 29 personnel were enlarged and by 1980 the Board (as the Committee came to be known) and the staff numbered 1 5 and 1 62 members, respectively. Financially, the Zoo faced an uphill struggle for many years, particularly during the depression of the 1930's. Pleas for increased subsidies from the government and city council usually fell on deaf ears. However, thanks to the publicity campaigns launched through the press and radio by the third Director, Dr R.C.H. Bigalke, visitors were lured in increasing numbers to the Zoo, thereby securing its longterm future. Despite its financial constraints, the Zoo continued to expand. Under die auspices of the Work Relief Scheme unemployed men were put to work creating the Northern Extension, now regarded as one of the most beautiful parts of the Zoo. From the beginning conservation was regarded as one of the Zoo's primary objectives, and it was essential to remain up to date with all aspects of the breeding, feeding and care of the animals. Over the years the Zoo has earned a national and international reputation for the breeding of various species in captivity. It has achieved considerable success in this field at its breeding farms at De Wildt, Lichtenburg and Potgietersrus. Besides conservation, the Zoo has attached considerable importance to its educational role, providing the public with information about wild life as well as with recreational facilities. Nationally and internationally the Zoo has also had close contacts with similar institutions participating in and hosting conferences. en_ZA
dc.description.availability Unrestricted en_ZA
dc.description.degree MA (Geskiedenis) en_ZA
dc.description.department Historical and Heritage Studies en_ZA
dc.identifier.citation Oberholster, JMM 1992, Die geskiedenis van die Nasionale Dieretuin van Suid-Afrika, Pretoria, 1899-1984, MA (Geskiedenis) Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/81580> en_ZA
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/81580
dc.language.iso Afrikaans en_ZA
dc.publisher University of Pretoria
dc.rights © 2021 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.
dc.subject UCTD en_ZA
dc.title Die geskiedenis van die Nasionale Dieretuin van Suid-Afrika, Pretoria, 1899-1984 en_ZA
dc.type Dissertation en_ZA


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record