Abstract:
Die tydperk 1983-1992 was in vele opsigte hetekenisvolle jare in die geskiedenis van die Universiteit van Pretoria. Die Universiteit bet in die tydperk voor groot uitdagings te staan gekom wat alleen in geleenthede omskep kon word deur ingrypende aanpassings in die bestuurstelsel te maak en berstrukturering op 'n groot aantal terreine teweeg te bring. Dit is dus gepas dat die geheurtenisse en tendense van hierdie tydperk in die publikasie Ad Destinatum III te hoek gestel word. Gelyklopend met bierdie helangrike fase in die Universiteit se geskiedenis was die opwindende polities-staatkundige veranderinge in Suid-Afrika. Verwikkelinge op
die kampus bet uit die aard van die saak nie los daarvan gestaan nie. Selfs van nog meer regstreekse belang vir die Universiteit as die staatkundige veranderinge, was die belangrike heleidsformulering en -toepassing wat in die jare tagtig ten opsigte van die Suid-Afrikaanse universiteitswese as geheel plaasgevind het. Die Universiteit van Pretoria bet deeglik hiervan kennis geneem en bet ook by wyse van individuele lede van die Rektoraat prominente
insette gelewer. Een van die knelpunte wat in die tyd hlootgele is, was die toenemende finansiele druk wat Suid-Afrikaanse universiteite ervaar het. Die Universiteit kon egter, wat dit betref, met
vindingryke finansiele heplanning en hestuur die nadelige uitwerking daarvan in 'n groot mate beperk. Aansluitend hierby het die Universiteit in die tyd ook 'n nuwe bestuursmodel geimplementeer met onder meer 'n gedesentraliseerde gesaghestuurstelsel en behoorlik
geformuleerde doelstellings, missies en strategieë. Dit het die infrastruktuur en ruimte geskep vir dinamiese beplanning en gladde funksionering. Die Universiteit het in die tydperk 1983-
1992 skouspelagtige groei ten opsigte van studentegetalle beleef - van 16 854 tot 23 375. Dit het egter ook nuwe uitdagings meegebring. Voldoende fisiese fasiliteite moes byvoorbeeld geskep word. Daaraan is voldoen met verskeie omvangryke en kleiner bouprojekte en ander verbeteringe. Die uitbreiding van die Universiteit se onderrigaktiwiteite na Withank in hierdie
tyd verdien in hierdie verband ook vermelding. Met die totstandkoming van die satellietkampus te Witbank het kontakuniversiteitsonderrig toeganklik geword vir baie Oos-Transvaalse studente wat andersins nie die geleentheid daartoe sou gehad het nie. 'n Eiesoortige na-uurse onderrigmodel is hier ontwikkel wat ook 'n groot invloed op die onderrigmodel op die
Hootkampus uitgeoefen het. Hierdie tydperk in die Universiteit se geskiedenis sal beslis verder onthou word vanwee besondere akademiese prestasies deur dosente en studente. Die Universiteitse navorsingsaktiwiteite het vinnig uitgebrei en die navorsingsuitsette het vinnig
toegeneem. Dit het dikwels internasionale erkenning geniet. Uitstaande hoogtepunte is ook op die terrein van sport en ten opsigte van breer kultuuraangeleenthede behaal. Veral met die persoonlike belangstelling en aanmoediging van die vorige Rektor, prof. D.M. Joubert, het kunsuitstallings en -versamelings aan die Universiteit 'n bloeitydperk beleef. Die Universiteit kyk met groot waardering terug na 'n dekade waarin moeilike uitdagings met groot sukses aangepak is en uitnemende bydraes en prestasies op verskillende terreine gelewer is. 'n Stewige grondslag is gele vir selfs nog hoer hoogtepunte in die nuwe dekade.