AD Destinatum 1993-2000

Show simple item record

dc.contributor nikki.haw@up.ac.za en_ZA
dc.contributor.upauthor Van der Watt, Flip
dc.date.accessioned 2021-07-28T11:48:58Z
dc.date.available 2021-07-28T11:48:58Z
dc.date.issued 2002
dc.description.abstract AD DESTINATUM IV 1993-2000, as vierde deel van die omvattende geskiedenis van die Universiteit van Pretoria, gee op 'n saaklike en kroniekagtige wyse die velerlei en diverse ontwikkelinge en aktiwiteite van die inrigting weer. Dit is 'n verhaal van beleidsformuleringe, innoverende aksies, akademiese herbesinning en vernuwing. Saam met die land waarin dit gelee is, het die Universiteit die politieke brug in 1994 suksesvol oorgesteek en saam met die nuwe demokrasie sy eie akademiese-, sosiale- en kultuurveranderinge, transformasie en herposisionering met ywer en oortuiging aangepak. Die ingrypende staatkundige ontwikkeling van die laaste dekade van die 20ste eeu het groot veranderinge teweeggebring in die wyse waarop Suid-Afrika geregeer en gereguleer word. Suid Afrikaners het 'n nuwe Grondwet en Handves van Menseregte geskryf. Die grondwetlike veranderinge het 'n groot effek gehad op alle tersiere instellings in Suid Afrika, insluitende die Universiteit van Pretoria. Die Universiteit het doelbewus daarna gestreef om die land en al sy inwoners te dien en toe te rus vir dft wat die toekoms mag bring. Die kenmerkende universiteitstake van onderrig, navorsing, opvoeding en gemeenskapsdiens moes in hierdie transformerende proses 'n nuwe betekenis kry. In sy akkommoderende benadering en meegaande herstrukturering het die tradisionele Afrikaanse karakter van die inrigting plek gemaak vir 'n Suid-Afrikaanse universiteitsgemeenskap wat elke vorm van diskriminasie op grond van kleur, taal, geslag en godsdiens ongedaan maak. In kort, 'n Universiteit waar alle Suid-Afrikaners werklik tuis kan wees. Dit is nie net op die plaaslike vlak wat die politieke transformasie 'n effek gehad het nie. Die veranderde en gunstige posisie van Suid-Afrika binne die internasionale gemeenskap het gelei tot 'n normalisering van Suid-Afrikaanse universiteite se deelname aan die internasionale akademiese diskoers. Dit is dus te verstane dat die Universiteit in hierdie tyd gepoog het om in alles wat hy aanpak twee dinge te vermag, naamlik om internasionaal mededingend te wees maar terselfdertyd plaaslik relevant te bly. Die wyse waarop die Universiteit gepoog het om hierdie ideaal te verwerklik kan gevind word in 'n aantal beleidsdokumente soos 'n Raamwerk vir Strategiese Beplanning 1993-1997, Audit Portfolio 1997, Op pad na die Nuwe Millennium 1998-2001 en die Orie Jaar Rollende Plan 2000-2002. 'n Mens kan nie anders as om tot die gevolgtrekking te kom dat die jare 1993-2000 goeie jare vir die Universiteit van Pretoria was nie. Aan die einde van 2001 word die Universiteit van Pretoria gereken as een van die land se voorste en mees uitnemende universiteite met 'n besonderse internasionale aansien. Dit word 'n Universiteit van keuse vir Suid-Afrikaners van alle rasse. Ek wil namens die Universiteit my dank en waardering betuig teenoor almal wat 'n bydrae gelewer het om hierdie publikasie moontlik te maak. 'n Woord van besondere dank teenoor prof P B van der Watt wat as eindredakteur opgetree het. Prof Calie Pistorius Visekanselier en Rektor 10 Februarie 2002 en_ZA
dc.description.sponsorship Digitised by the Department of Library Services in support of open access to information, University of Pretoria, 2021 en_ZA
dc.format.extent 412 pages en_ZA
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/81035
dc.language.iso Afrikaans en_ZA
dc.publisher University of Pretoria en_ZA
dc.relation.ispartofseries 1993-2000 en_ZA
dc.rights Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder skriftelike verlof van die kopiereghouer gereproduseer of in enige vorm of langs enige elektroniese of meganiese weg weergegee word nie, hetsy deur fotokopiering, plaat- of bandopname, mikroverfilming of enige ander stelsel van inligtingsbewaring. en_ZA
dc.subject Universiteit van Pretoria en_ZA
dc.subject University of Pretoria en_ZA
dc.subject Historiese ontwikkeling en_ZA
dc.title AD Destinatum 1993-2000 en_ZA
dc.title.alternative Historiese ontwikkelinge en gebeure aan die Universiteit van Pretoria en_ZA
dc.type Book en_ZA


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record