Die koningskap van Jehu : 'n Ondersoek na die moontlikheid van 'n verantwoorde historiese rekonstruksie

Show simple item record

dc.contributor.advisor Oberholzer, J.P.
dc.contributor.postgraduate Breytenbach, Johan Hendrik
dc.date.accessioned 2021-05-24T08:02:56Z
dc.date.available 2021-05-24T08:02:56Z
dc.date.created 1991
dc.date.issued 1991
dc.description Thesis (DDiv)--University of Pretoria, 1991. en_ZA
dc.description.abstract Die historikus maak 'n rekonstruksie van die geskiedenis op die fondament van betroubare historiese getuienis. Dit word gelewer deur dokumente en monumente uit die verlede. Die aard van die dokument wat getuienis lewer, is van deurslaggewende belang in die beoordeling van die betroubaarheid van die getuienis. Die omstandigheidsgetuienis wat uit materiele reste afgelei word, is afhanklik van interpretasie. hipoteties van aard en moet versigtig gebruik word. Dit is 2 Konings 9-10 is deel van die Deuteronomistiese Geskiedenis, 'n teologiese konstruksie wat 'n verskeidenheid bronne onkrities opneem. In 2 Konings 9-10 is 'n voor-deuteronomistiese Jehuvertelling opgeneem, uitgebrei en in diens van die teologiese intensie van die Deuteronomis gestel. Hierdie vertelling is 'n propagandageskrif wat die magsoorname van Jehu religieus legitimeer. Dit hied 'n onbetroubare rekonstruksie van die geskiedenis van Jehu se opstand. Die besonderhede in die vertelling is histories ook nie betroubaar nie. Die getuienis van Kronieke is 'n verwerking van die rekonstruksie van die Deuteronomis. Die onafhanklike getuienis van Hosea 1:4 reflekteer 'n Jehuvyandige tradisie. Die Assiriese inskripsies open 'n antler perspektief op die opstand van Jehu, maar is nie noodwendig betroubaar nie. Die omstandigheidsgetuienis van die 'nuwe argeologie' ondermyn ernstig die aanname dat Israel 'n diep verdeelde gemeenskap was. Die getuienis maak 'n radikaal ander rekonstruksie van die maatskaplike stratifikasie van Israel waarskynlik. Die aard van die getuienis kan hierdie rekonstruksie nie bo die sfeer van die spekulatiewe uitlig nie. Die gebrek aan voldoende, betroubare getuienis lei tot talle spekulatiewe rekonstruksies van die geskiedenis van Jehu. Totdat meer en betroubaarder getuienis aan die lig kom, kan die historikus die geskiedenis van Jehu slegs bespiegelend rekonstrueer. en_ZA
dc.description.abstract English: The historian reconstructs history on the basis of reliable historical evidence. This is given by documents and monuments from the past. The nature of a witnessing document is of crucial importance in establishing the reliability of its evidence. The circumstantional evidence deduced from material remains, depends on interpretation. It is hypothetical by nature, and should be used with caution. 2 Kings 9-10 forms part of the Deuteronomistic History, a theological construction that uncritically included a variety of sources. A pre-deuteronomistic Jehu narrative, expanded to - serve the theological intention of the Deuteronomist, was included in 2 Kings 9-10. The original narrative is a propaganda piece, intended to legitimize Jehu's kingship from a religious viewpoint. It presents an unreliable reconstruction of the history of Jehu's usurpation. Much of the detail in the narrative is historically also untrustworthy. The evidence given by Chronicles is an adaptation of the account rendered by the Deuteronomistic History. Independent evidence in Hosea 1:4 reflects a tradition hostile to the Jehu dynasty. The Assyrian inscriptions open a new perspective on Jehu's rebellion, but their evidence is not perforce to be considered reliable. The circumstantional evidence drawn from the results of 'new archeology' substantially undermines the assumption that Israel was a deeply divided society. It opens the possibility of a radically altered reconstruction of Israelite society. The nature of the evidence, however, does not make it possible to lift this reconstruction out of the realm of the speculative. The lack of sufficient, reliable evidence led to a number of speculative reconstructions of the history of Jehu's kingship. Until sufficient and more reliable evidence comes to light, the historian will only be capable of reconstructing Jehu's history in a speculative manner. en_ZA
dc.description.availability Unrestricted en_ZA
dc.description.degree DDiv en_ZA
dc.description.department Old Testament Studies en_ZA
dc.identifier.citation Breytenbach, JH 1991, Die koningskap van Jehu : 'n Ondersoek na die moontlikheid van 'n verantwoorde historiese rekonstruksie, DDiv Thesis, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/80012> en_ZA
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/80012
dc.language.iso Afrikaans en_ZA
dc.publisher University of Pretoria
dc.rights © 2021 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.
dc.subject UCTD en_ZA
dc.title Die koningskap van Jehu : 'n Ondersoek na die moontlikheid van 'n verantwoorde historiese rekonstruksie en_ZA
dc.type Thesis en_ZA


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record