Abstract:
Direkteure se vertouensplig in Suid-Afrika se maatskappyereg is afgelei van die Romeins-Holandse reg terwyl die plig van sorg van Engelse reg afkomstig is. Hierdie pligte is deurlopend ontwikkel deur die interpretasie van regspraak asook addisionele beginsels wat deur die verskeie King verslae aanvaar is, welke beginsels geag word as internationale beste praktyke. Die Suid-Afrikaanse Maatskappyreg het 'n meer inklusiewe model aanvaar wat gely het tot die uitvaardiging van die Maatskappyewet 71 van 2008. Direkteure se vertrouensplig en plig van sorg is gedeeltelik gekodifiseer deur Artikel 76 van die Maatskappywet. Die insluiting van die sake-oordeelsreël ten einde addisionele beskerming aan direkteure te verskaf is gekritiseer deur verskeie akademici. Daar is onder meer benadruk dat die insluiting daarvan verwarring tussen die verskeie pligte meebring en onnodig is weens die gemenereg wat reeds voldoende daarvoor voorsiening maak. Huidige skandale en misbruik van direkteursmagte het die vraag laat ontstaan oor die onvermoë om direkteure aanspreeklik te hou vir die verbreking van hierdie direkteursverpligtinge. Verskeie lande en in besonder Duitsland en Australië se benadering en implimentering van die sake-oordeelsreël, is ondersoek. Weens die skade aan die maatskappy maar ook die gemeenskap as geheel is dit van uiterste belang dat die pligte van direkteure meer breedvoerig omskryf word en die toepassing van die sake-oordeelsreël ingeperk word.