Gebedspraktyke en geloofsoortuigings van kerklos Millenium Christene : 'n Ritueel-liturgiese verkenning

Show simple item record

dc.contributor.advisor Wepener, Cas, 1972-
dc.contributor.postgraduate Steyn, Marileen
dc.date.accessioned 2020-07-15T13:09:18Z
dc.date.available 2020-07-15T13:09:18Z
dc.date.created 2020/04/08
dc.date.issued 2019
dc.description Dissertation (MTheology)--University of Pretoria, 2019.
dc.description.abstract Die uitvloei van Millennium Christene uit baie kerke op internasionale en plaaslike vlak veroorsaak in baie kringe bekommernis en onsekerheid. Dit word in Suid-Afrika en in die NG Kerk versterk deur ’n gebrek aan konteks-gepaste navorsing wat akademici sowel as gemeentes kan begelei in hul bediening aan kerklos Millennium Christene. Hierdie navorsing bied ’n stem in hierdie gesprek deur die geloofspraktyke van kerklos Millennium Christene vanuit hul gebede te bestudeer met behulp van die aksioom lex orandi, lex credendi. Die uiteindelike doel is om te kyk hoe daar oor Millenniums se aanbidding herbesin kan word? Osmer (2008) se model vir praktiese teologiese interpretasie word as metodologie gebruik om te beweeg vanaf die praktyk van kerklos Millennium Christene se gebede (lex orandi), tot by hul geloofsoortuigings (lex credendi) en uiteindelik terug na die manier waarop daar saam met Millenniums aanbid kan word (lex orandi). Gegronde teorie word ook as metodologie gebruik in die analise van die gebedsjoernale tot op die punt waar “God, die Versorger, met ons” as ’n kern geloofsoortuiging van kerklos Millennium Christene geïdentifiseer word. Tog word daar gevind dat ou Godsbeelde nuwe betekenisse in nuwe kontekste kry en om hierdie rede is nuwe response nodig. Hierdie verhandeling gebruik die terme ‘anateïsme’, ‘ana-ekklesia’ en ‘analeitourgia’ om nuut te dink oor die wyse waarop ons God ontmoet, die wyse waarop ons met mekaar vergader en die wyse waarop ons God in ons alledaagse beleef. Rituele, as die goue draad wat deur die navorsing hardloop, word voorgestel as begin- en eindpunt in die herbesinning van aanbidding saam met kerklos Millennium Christene. Dit is met behulp van rituele wat die kerk kan beweeg na ’n alternatiewe, gegronde geloofsgemeenskap wat God in die alledaagse en in die vreemde(ling) ontmoet.
dc.description.availability Unrestricted
dc.description.degree MTheology
dc.description.department Practical Theology
dc.identifier.citation Steyn, M 2019, Gebedspraktyke en geloofsoortuigings van kerklos Millenium Christene : 'n Ritueel-liturgiese verkenning, MTheology Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/75278>
dc.identifier.other A2020
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/75278
dc.language.iso Af
dc.publisher University of Pretoria
dc.rights © 2020 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.
dc.subject UCTD
dc.title Gebedspraktyke en geloofsoortuigings van kerklos Millenium Christene : 'n Ritueel-liturgiese verkenning
dc.type Dissertation


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record