Max-Neef en die strukturele kwesbaarheid van dagloners in Mbombela en Emalahleni, Suid-Afrika

Please be advised that the site will be down for maintenance on Sunday, September 1, 2024, from 08:00 to 18:00, and again on Monday, September 2, 2024, from 08:00 to 09:00. We apologize for any inconvenience this may cause.

Show simple item record

dc.contributor.author Schenck, Rinie
dc.contributor.author Blaauw, Derick
dc.contributor.author Matthee, Marianne
dc.date.accessioned 2020-04-07T11:08:55Z
dc.date.available 2020-04-07T11:08:55Z
dc.date.issued 2020-03
dc.description.abstract Binne die konteks van die groterwordende werkloosheid en armoede in Suid-Afrika is dit belangrik om die kwesbaarheid van persone wat ʼn lewe probeer maak in die informele sektor te bepaal, sodat ondersteunende beleid en strukture in plek gestel kan word. Die doel van die artikel was om die strukturele kwesbaarheid van dagloners te ondersoek deur ʼn vergelyking te tref tussen twee gevallestudies. Dagloners in Emalahleni, ʼn sosiaal-ekonomies kwynende myngemeenskap, en die meer sosiaal-ekonomies stabiele hoofstad Mbombela, in die provinsie Mpumalanga in Suid-Afrika, is hiervoor gebruik. Honderd-en-tien (110) vraelyste is voltooi met dagloners in die twee stede, die data is ontleed en die resultate met mekaar vergelyk. Max-Neef se fundamentele menslike behoefte (FMB)-matriks is gebruik om die multidimensionele analises te maak, te orden en te beskryf. Die resultate het duidelik aangedui dat die dagloners in Emalahleni meer struktureel kwesbaar is as die dagloners in Mbombela, met minder ondersteuningsisteme tot hul beskikking. Maatskaplike diensprofessies sal ernstige aandag daaraan moet skenk om veiligheidsnette te ontwikkel vir werkloses, beleid te formuleer wat werks- en inkomstemoontlikhede kan open en gesindhede en perspektiewe te verander van diegene wat hul bestaan in die informele sektor maak. en_ZA
dc.description.department Gordon Institute of Business Science (GIBS) en_ZA
dc.description.librarian hj2020 en_ZA
dc.description.sponsorship Die Nasionale Navorsingstigting van Suid-Afrika en_ZA
dc.description.uri https://journals.co.za/content/journal/akgees en_ZA
dc.identifier.citation Schenck, R., Blaauw, D. & Matthee, M. 2020, 'Max-Neef en die strukturele kwesbaarheid van dagloners in Mbombela en Emalahleni, Suid-Afrika', Tydskrif vir Geesteswetenskappe, vol. 60, no. 1, pp. 142-163. en_ZA
dc.identifier.issn 0041-4751
dc.identifier.other 10.17159/2224-7912/2020/v60n1a11
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/74069
dc.language.iso Afrikaans en_ZA
dc.publisher Suid Afrikaanse Akademie vir Wetenskap and Kuns en_ZA
dc.rights Suid Afrikaanse Akademie vir Wetenskap & Kuns en_ZA
dc.subject Dagloners en_ZA
dc.subject Werkloosheid en_ZA
dc.subject Strukturele kwesbaarheid en_ZA
dc.subject Sosiale geregtigheid en_ZA
dc.subject Fundamentele menslike behoeftes en_ZA
dc.subject Suid-Afrika (SA) en_ZA
dc.title Max-Neef en die strukturele kwesbaarheid van dagloners in Mbombela en Emalahleni, Suid-Afrika en_ZA
dc.title.alternative Max-Neef and the structural vulnerability of day labourers in Mbombela and Emalahleni, South Africa en_ZA
dc.type Article en_ZA


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record