Browsing Architecture by Title

Browsing Architecture by Title

Sort by: Order: Results:

  • Swanepoel, Rosa; Van Niekerk, Karlien (2012-02)
    Bespreking van Grannie Zeiler wat haar heup gebreek het, asook die winkel William Millar & Co. (wat later Garlicks geword het) - hoe dit ontstaan het en wat daar verkoop is.
  • Swanepoel, Rosa; Van Niekerk, Karlien (2012-03)
    Bespreking van 'n koerantberig oor 'n hewige donderstorm in Pretoria in die 1880's, waartydens mevrou Rex, meneer Kuranda, 'n swart helper en twee perde deur Melt Marais uit die Apiesrivier in vloed gered is.
  • Swanepoel, Rosa; Van Niekerk, Karlien (2012-04)
    Die nuusbrief bevat 'n praatjie wat deur Stephanie Rood en Nita Marais voor die Vrouefederasie gelewer is oor die gebied om die Pretoria Dieretuin, waar eersgenoemde as kind in 'n tipiese Victoriaanse huis gewoon het. ...
  • Swanepoel, Rosa; Van Niekerk, Karlien (2012-05)
    Die nuusbrief gee die volgende mense se vroee indrukke van Ou Pretoria weer: Maria Minnaar, Joseph Churchill, Friedrich Heinrich Jeppe, L.H. Barnes en Sir John Kotze. Skilderye deur Marianne Churchill, Thomas Baines en ...
  • Swanepoel, Rosa; Van Niekerk, Karlien (2012-06)
    Deel II van mense se vroee indrukke van Ou Pretoria, gevind in boeke en briewe van die laat 1800's/vroee 1900's.
  • Swanepoel, Rosa; De Beer, Daan; Van Niekerk, Karlien; Andrews, Tom (2012-07)
    Na aanleiding van die onlangse straatnaamveranderings in Pretoria, bespreek die brief 'n rubriek wat in die 1980's in die Pretoria News-koerant verskyn het, waar plekke wat in ou foto's van die stad uitgebeeld word weer ...
  • Swanepoel, Rosa; Van Niekerk, Karlien (2012-08)
    Bespreking van die oorsprong van straatname in Pretoria, en die persone na wie die strate vernoem is. Die voorgestelde naamveranderings word ook gegee. Terugvoer op die nuusbrief van Julie 2012 sluit 'n 1881 beskrywing van ...
  • Swanepoel, Rosa; Van Niekerk, Karlien (2012-09)
    Terugvoer op die Augustus nuusbrief, met regstellings ten opsigte van nuwe straatname in Pretoria. 'n Verdere voorbeeld uit 'n 1988 reeks in die Pretoria News oor ou en nuwe foto's van plekke in die stad, hierdie keer van ...
  • Swanepoel, Rosa; Van Niekerk, Karlien (2012-10)
    Ou poskaartfoto's van die gietyster Victoriabrug oor Jacob Maréstraat word vergelyk met 'n foto in die Pretoria News van 5 Februarie 1988, wat 'n nuwer betonbrug toon.
  • Swanepoel, Rosa; Van Niekerk, Karlien (2012-11)
    Na aanleiding van 'n artikel in 'n Pretoria News-koerant van 1988 brei die nuusbrief uit oor die eienaars van Tilanus & Van Griethuijsen, 'n winkel op die hoek van Skinner- en Paul Krugerstrate. Dit het later aan die ...
  • Swanepoel, Rosa; Van Niekerk, Karlien (2013-01)
    Beskrywing van die eerste poskantoor op Kerkplein, wat in 1910 deur die Hoofposkantoorgebou, ontwerp deur William Hawke, vervang is.
  • Swanepoel, Rosa; Van Niekerk, Karlien (2013-02)
    Na aanleiding van 'n artikel oor Pretoria gister en vandag, wat in 'n 1988 Pretoria News verskyn het, word die winkels aan die noordekant van Kerkstraat-Oos, tussen Van der Walt- en Queenstrate, bespreek. Verwysing word ...
  • Swanepoel, Rosa; Van Niekerk, Karlien (2013-03)
    'n Opvolg op die Februarie-nuusbrief met verdere bespreking van die geboue aan die noordekant van Kerkstraat-Oos, tussen Van der Walt- en Queenstrate. Inligting wat oor die verskeie winkeleienaars beskikbaar is word gegee, ...
  • Swanepoel, Rosa; Van Niekerk, Karlien (2013-04)
    Bespreking van Hove's Drift en T.H. von dem Hove na wie dit blykbaar vernoem is, na aanleiding van ou en nuwe foto's van die gebied wat in 'n Pretoria News van 1988 verskyn het. Sluit 'n beskrywing van die werking van een ...
  • Swanepoel, Rosa; Van Niekerk, Karlien (2013-05)
    Bespreking van 'n artikel in 'n Pretoria News van 1988 oor Pretoria toe en nou. Dit handel oor die Caxton Printing Works-gebou wat in Pretoriusstraat (oorkant die destydse Stadsaal) gestaan het, maar lankal reeds gesloop ...
  • Swanepoel, Rosa; Van Niekerk, Karlien (2013-06)
    Bespreking, na aanleiding van 'n artikel in 'n Pretoria News van 1988, van 'n ou spoorwegoorgang wat in die 1940's Lynnwoodweg oorkruis het, en hoe dit in 1988 gelyk het. Sluit terugvoer in oor ou telefone en die Caxton ...
  • Swanepoel, Rosa; Van Niekerk, Karlien; Schroeder, William Howard (2013-07)
    Bespreking van 'n koerantberig wat in 1892 in De Pers verskyn het oor die moord op Annie du Plessis, gepleeg deur ene Whitelock. Dit was een van die eerste geillustreerde koerantberigte van die tyd. Dit was ongewoon dat ...
  • Swanepoel, Rosa; Van Niekerk, Karlien (2013-08)
    Na aanleiding van die nuusbrief van Julie 2013 oor 'n berig in De Pers, word verdere inligting oor die kunstenaar William Schroder en die redakteur Leo Weinthal verskaf.
  • Swanepoel, Rosa; Van Niekerk, Karlien (2013-09)
    Bespreking van 'n artikel in 'n Pretoria News van 1988. Dit vergelyk ou en nuwe foto's van die terrein waar die Wawielsirkel voorheen was. Kunstande van 1889 word genoem, en verdere terugvoer oor Leo Weinthal word gegee.
  • Swanepoel, Rosa; Van Niekerk, Karlien (2013-10)
    Bespreking van 'n artikel wat in 'n Pretoria News van 1988 verskyn het en handel oor Pretoria toe en nou. Dit fokus op die hoek van Andries en Vermeulenstraat, waar voorheen 'n Vrymesselaarslosie en 'n Baptistekerk gestaan ...