Therapeutic jurisprudence and restorative justice : healing crime victims, restoring the offenders
Loading...
Date
Authors
Imiera, Prince Pius
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Pretoria University Law Press
Abstract
Terapeutiese regsleer, wat afgekort kan word as TR, is 'n proses waardeur die hof gebruik word om genesing vir slagoffers van misdaad en vir die oortreders te bewerkstelling, aangesien vergoeding, hoe groot ook al, nie die skade wat aangerig is ongedaan kan maak nie. TR behels die verskillende maniere waarop die reg as 'n instrument van genesing en rehabilitasie gebruik kan word en oor hoe om die anti-terapeutiese uitwerking van die reg te verminder. Verder sien herstellende geregtigheid (HG) kriminele viktimisering as skadelik vir persoonlike verhoudings. HG bied regverdigheid of gelykheid, eerder as straf, vir die oortreder as die basis vir geregtigheid aan. Die doel hiervan is om die wonde van al die partye wat deur die kriminele optrede geraak is te genees. Weens die uitwerking van misdaad word slagoffers met verskeie behoeftes gekonfronteer as gevolg van die skade wat hulle aangedoen is. Die ontwrigting en gebrek aan beheer wat slagoffers verduur is skadeliker as enige fisieke of finansiële verlies en kan nie deur vergoeding aangespreek word nie. Slagoffers van misdaad moet weer 'n gevoel van beheer en veiligheid in hulle lewens herwin. Om oortreders vir hulle dade verantwoordelik te hou lewer 'n wesenlike bydrae tot die genesing van misdaadslagoffers, maar dit is ook die eerste tree om aan die oortreders ware genesing te besorg. Dit is wat terapeutiese regsleer en herstellende geregtigheid vermag.
Die artikel ondersoek die gebruik van TR en HG in kriminele regsprosesse, met spesifieke klem op die toepassing van die konsepte in Suid-Afrikaanse regstelsels
Description
Keywords
Therapeutic jurisprudence, Apology, Forgiveness, Reconciliation
Sustainable Development Goals
Citation
Imiera, P.P. ‘Therapeutic jurisprudence and restorative justice: healing crime victims, restoring the
offenders’ 2018 De Jure 82-101.
http://dx.doi.org/10.17159/2225-7160/2018/v51n1a6.