Abstract:
Die onlangse uitspraak deur die Suid-Gauteng Hooggeregshof in verband met artikel 18 van die Strafproseswet aangaande seksuele misdade teen beide volwasse- en jeugdige slagoffers, en gevolglik moontlik ook indirek, seksuele misdade deur beide volwasse- en jeugdige oortreders; asook die Konstitusionele Hof uitspraak ten opsigte van die Nasionale Register vir Seksuele Oortreders, wat spesifiek betrekking het op artikel 50(2) van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleent-hede), laat die vraag ontstaan of die Suid-Afrikaanse regsisteem enige vorm van beskerming bied aan minderjarige seksoortreeders? Hierdie artikel ondersoek twee spesifieke bepalings in Suid-Afrikaanse wetgewing met betrekking tot die grondwetlikheid en toepassing daarvan op minderjarige seksoortreders, naamlik artikel 50(2) van die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede), asook artikel 18 van die Strafproseswet. Hierdie twee bepalings word ingevolge onlangse regspraak oorweeg om vas te stel of dit 'n skending is van die regte wat minderjarige seksuele oortreders het ingevolge die Suid-Afrikaanse reg.