Abstract:
Vruggebruiker is geregtig op die gebruik en genot van objekte waaroor die vruggebruik
gevestig is asook die reg om die vrugte daarvan te trek. In die geval waar die vruggebruik
oor kollektiewe saak gevestig word, moet die vruggebruiker verseker dat die geheel
konstant bly. In die geval van bome tref die gemenereg onderskeid tussen silva caedua
(kaphout) wat vir brandhout afgekap mag word en silva non caedua (nie-kaphout) wat nie
afgekap mag word nie. In hierdie artikel voer ek aan dat hierdie pragmatiese onderskeid,
wat getref word op grond van die tempo waarteen die onderskeie bome groei, onvolledig
is omdat dit nie omgewingsfaktore oorweeg nie. Ek voer aan dat die omskrywing van
silva caedua en silva non caedua uitgebrei moet word om onderskeidelik vreemde en
indringende asook bedreigde en beskermde spesies soos omskryf in die Nasionale
Omgewingsbestuur: Biodiversiteit Wet 10 van 2004 in te sluit. Ek oorweeg daarna hoe die
verpligting van die vruggebruiker om die objek salva rei substantia terug te besorg na
afloop van die serwituut deur hierdie ontwikkeling beïnvloed word.