Die verskaffing van FM-sisteme : beroepsvereistes aan die oudioloog

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

University of Pretoria

Abstract

Die doel van die studie was om vas te stel of oudioloe daartoe in staat is om te voldoen aan die professionele vereistes wat in hul beroep aan hulle gestel word, met betrekking tot die totale diensleweringspakket in die passing van FM -sisteme. Daar is van vraelyste gebruik gemaak om die volgende te bepaal: eerstens die aard van die oudioloe se formele en informele ( ingesluit die bestudering van beskikbare literatuur ) opleiding, ten opsigte van FM-sisteme; tweedens oudioloe se professionele evaluering van FM-sisteme; en laastens om 'n beeld te vorm van die oudioloog se werklike kennis teenoor gewaande kennis. Die navorser bet in totaal 57 vraelyste uitgestuur, van die 57 vraelyste is slegs 19 terug ontvang (30% ), dus kan die inligting nie veralgemeen word nie. Daar is bevind dat oudioloe nie daartoe in staat is om te voldoen aan die professionele vereistes van bul beroep ten opsigte van FM-sisteme nie. Die rede biervoor was duidelik - die oudioloog se voorgraadse en nagraadse opleiding was beperk en onvoldoende. 'n Belangrike faset van nagraadse opleiding is die bestudering van literatuur, maar die navorser bet bevind dat selfs die vorm van informele opleiding, nie die nodige inligting bevat, en nie die nodige ondersteuning hied om die suksesvolle gebruik van FM-sisteme te verseker nie. Dit is belangrik dat oudioloe bewus gemaak moet word van die impak wat bulle bet op die gebruik van FM-sisteme, en dat bulle 'n fassiliterende rol speel in die hernude aanvraag na en suksesvolle gebruik van FM-sisteme vir die toekoms. Implikasies vir die kliniese situasie, sowel as aanbevelings vtr verdere na vorsing word bespreek.

Description

Mini Dissertation (MCommunication Pathology)--University of Pretoria, 1997.

Keywords

UCTD

Sustainable Development Goals

Citation

van Tonder, J 1997, Die verskaffing van FM-sisteme : beroepsvereistes aan die oudioloog, BCommunication Pathology Mini Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/70761>