Abstract:
Rassisme is voortdurende probleem in Suid-Afrika. Die Konstitusionele Hof het
onlangs in verskeie sake die probleem onder die vergrootglas geplaas. Die probleem kom
veral voor in die werkplek. Die konteks waarin sekere woorde gebruik word is belangrik.
Woorde kan rassisties of neerhalend gebruik word. Alle werkgewers moet sisteme en
praktyke in plek stel ten einde die probleem aan te spreek en dit duidelik te laat blyk dat
rassisme nie in die werkplek geduld word nie. Werknemers wat hulself skuldig maak aan
rassistiese optrede handel in stryd met hul verpligting tot goeie trou. Indien werkgewers
nie rassisme aanspreek nie kan dit hul moontlik aan aanspreeklikheid blootstel.