Abstract:
Hierdie artikel handel oor die Nasionale Betalingstelselwet van 1998. Dit verduidelik hoe
betalings tussen banke en ander finansiële instellings asook aan derde partye gemaak
word. Dit bespreek ook die rol wat die Reserwebank speel by die betalingstelsels en hoe
die bank oorsig hou oor die stelsels. Die rol wat die insolvensie van een van die deelnemers
aan die betalingstelsel speel word ook onder die loep geneem.