Om vryelik asem te haal in die lewensruimte van die trinitariese god : Jurgen Moltmann se bydrae tot ’n reformatoriese teologie van solidariteit

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Van Wyk, Tanya

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

AOSIS Open Journals

Abstract

In hierdie hoofstuk word Jürgen Moltmann se bydrae tot Reformatoriese teologie ondersoek. Sy teologie kan beskryf word as ’n teologie wat Bybels gegrond is, ’n eskatologiese gerigtheid en ’n politieke verantwoordelikheid het. Dit is juis om hierdie rede dat sy teologie ook ‘reformatories’ is. Dit is ’n beskrywing waarvoor hy ook doelbewus kies, omdat die begrip ‘reformatories’ die dinamiese, voortgaande en profetiese karakter van Reformatoriese teologie aandui. Hierdie teologiese karakter kom veral na vore in Moltmann se verstaan van die Triniteitsleer en sy trinitariese teologie, wat beskryf kan word as ’n ‘Trinitariese teologie van solidariteit en sosiale geregtigheid.’ Die lewensruimte van die Triniteit word deur Moltmann as ‘wye ruimte’ beskryf, en as ’n ‘uitnodigende ruimte’ waarin daar nie beknoptheid is nie. Binne die hoofstuk word dit geargumenteer dat Moltmann se Triniteitsteologie die hartklop is van sy bydrae tot Reformatoriese teologie. Dit is baie nou verbind aan sy politieke teologie en word geïllustreer op die wyse waarop sy Triniteitsteologie en sy politieke teologie van inklusiwiteit en geregtigheid met mekaar verweef is.

Description

Keywords

Reformatoriese teologie, Triniteitsleer, Politieke teologie, Jurgen Moltmann (1926- ), Triniteitsteologie

Sustainable Development Goals

Citation

Van Wyk, T., 2017, ‘Om vrylik asem te haal in die lewensruimte van die trinitariese God: Jürgen Moltmann se bydrae tot ‘n Reformatoriese teologie van solidariteit’, in ‘Nadenke oor 500 jaar se Reformatoriese teologie’, HTS Theological Studies/Teologiese Studies, suppl. 11, 73(5), a4556. https://DOI.org/10.4102/hts.v73i5.4556.