Die teologiese oorsprong van Ateisme

Show simple item record

dc.contributor.advisor Veldsman, D.P. (Daniel Petrus), 1959-
dc.contributor.postgraduate Green, Gerhardus Jakobus
dc.date.accessioned 2018-08-29T06:02:26Z
dc.date.available 2018-08-29T06:02:26Z
dc.date.created 2018-04-20
dc.date.issued 2017
dc.description Dissertation (MTh)--University of Pretoria, 2017. en_ZA
dc.description.abstract Navorsing oor veranderende konsepte van God toon aan dat die oorsprong van ateïsme na die skolastici van die laat-middeleeue teruggevoer kan word. Hierdie ondersoek poog om die verhouding tussen Johannes Duns Scotus se eenduidige konseptualisering van God en die verwerping van God deur moderne ateïste aan te toon. Die verandering van Thomas Aquinas se analogiese teologie na Johannes Duns Scotus se eenduidige ontologiese konseptualisering van God het `n groot invloed op nominalistiese teologie en die moderne realiteitsverstaan gehad. Nominaliste soos William van Occam het hierdie eenduidige konsep van God later kombineer en verder ontwikkel met die gevolg dat God later nie meer ontologiese voorkeur geniet het nie. Waar Aquinas die klem op God se transendensie gelê het, was daar ‘n toenemende neiging om God al hoe meer immanent te verstaan. ʼn God wat op dieselfde wyse as die mens bestaan, word dus ʼn “wese”, ʼn “getemde God”. Scotus en latere nominaliste het God se kwantitatiewe andersheid bo sy kwalitatiewe andersheid beklemtoon. Binne `n akademiese ruimte waarin die waarheid van die Christelike geloof en die outoriteit van die Rooms Katolieke Kerk nie bevraagteken is nie, was die invloed van hierdie teologiese veranderinge klein. Die Reformasie het dit egter verander, en alhoewel dit nie die bedoeling was nie, was die gevolg dat hierdie eenduidige konseptualisering van God deel van moderne teïsme geword het. Duns Scotus se invloed was so groot dat daar ook na hom as die stigter van moderniteit verwys kan word. Na die Reformasie het Descartes se cogito ergo sum daartoe gelei dat die rede alleen as bron van betekenis gegeld het. Hierdie ontwikkeling het voorkeur aan epistemologie bo ontologie gegee. Binne hierdie moderne realiteitsverstaan is daar nie plek vir ʼn eenduidige konseptualisering van God nie. Omdat ateïste juis hierdie konsep van God verwerp, is daar waarde in die bestudering van ateïsme. Sleutelwoorde: ateïsme, Thomas Aquinas, Johannes Duns Scotus, William van Occam, analogie van syn, eenduidige syn, Descartes, die Reformasie, Amos Funkenstein, Gavin Hyman, Brad Gregory, epistemologie, ontologie, skolastici, nominalisme, moderniteit, moderne teïsme. en_ZA
dc.description.availability Unrestricted en_ZA
dc.description.degree MTh en_ZA
dc.description.department Dogmatics and Christian Ethics en_ZA
dc.identifier.citation Green, GJ 2017, Die teologiese oorsprong van Ateisme, MTh Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/66357> en_ZA
dc.identifier.other A2018 en_ZA
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/66357
dc.language.iso Afrikaans en_ZA
dc.publisher University of Pretoria
dc.rights © 2018 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.
dc.subject Thomas Aquinas en_ZA
dc.subject Johannes Duns Scotus en_ZA
dc.subject William van Occam en_ZA
dc.subject Eenduidige syn en_ZA
dc.subject UCTD en_ZA
dc.subject Die Reformasie en_ZA
dc.subject Amos Funkenstein en_ZA
dc.subject Gavin Hyman en_ZA
dc.subject Brad Gregory en_ZA
dc.subject Epistemologie en_ZA
dc.subject Ontologie en_ZA
dc.subject Skolastici en_ZA
dc.subject Nominalisme en_ZA
dc.subject Moderniteit en_ZA
dc.subject Moderne teïsme en_ZA
dc.subject Ateïsme en_ZA
dc.subject Analogie van syn en_ZA
dc.subject.other Theology theses SDG-04
dc.subject.other SDG-04: Quality education
dc.subject.other Theology theses SDG-10
dc.subject.other SDG-10: Reduced inequalities
dc.subject.other Theology theses SDG-17
dc.subject.other SDG-17: Partnerships for the goals
dc.title Die teologiese oorsprong van Ateisme en_ZA
dc.type Dissertation en_ZA


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record