Karel Schoeman se dood : ’n koue dag vir die letterkunde

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Reddy, Vasu

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

Tydskrif vir Letterkunde Assosiasie

Abstract

Toe die nuus aan my meegedeel is, was ek, soos baie ander ook, heel hartseer om van die omstandighede rondom Schoeman se dood te verneem. Nie omdat ek hom persoonlik geken het nie, maar omdat ek, soos u, tog op ’n manier ’n idee van die man gehad het deur sy werk. Aangesien ek sekere van sy vroeëre werke, veral Veldslag (1965), By Fakkellig (1966), Die Hemeltuin (1979) en ’n Ander Land (1984) gedurende my literatuurstudies bestudeer en sy produktiwiteit en bydraes oor die laaste paar jaar gevolg het, is dit duidelik dat sy dood ’n baie koue dag vir die literatuur inlei. Meer as die omstandighede rondom sy dood, bied die dood van ’n outeur ’n geleentheid vir introspeksie, refleksie en selfs verdere spekulasie oor die werk wat hulle agterlaat. Daar is verskeie woorde wat kan gebruik word om Schoeman te beskryf, naamlik privaat, selfvertwyfelend, selfweersprekend, versoberend, niesentimenteel en onbewoë. Die blote weerstand wat sy werk teen vereenvoudiging en analise bied, blyk die mees voor die hand liggende eienskap van sy werk te wees.

Description

Die huldeblyk is op Donderdag, 11 Mei 2017 in die Eduardo Villa-museum, Universiteit van Pretoria, Pretoria gelewer.

Keywords

Karel Schoeman

Sustainable Development Goals

Citation

Reddy, V. 2017, 'Karel Schoeman se dood : ’n Koue dag vir die letterkunde', Tydskrif vir Letterkunde, vol. 54, no. 2, pp. 152-155.