The importance of sport in the revision of the past has gained much recognition
in recent times and the genre of sport history has become ever more popular as
a result. This article locates and traces the historically binary relationship of
sport with concepts such as unification and division, inclusion and exclusion,
while focussing on historical division in rugby in the Transvaal Republic.
While it is true that sport creates community and unites people, it is also true
that sport often serves as a stage for division and social exclusion. This is well
illustrated in the development of rugby in the Transvaal Republic. Various
theories have been developed to analyse division within societies which may
shed more light on the effectiveness of sport as a social divider in the nineteenth
century. Relevant concepts and theories include: B Bernstein, HL Elvin and RS
Peters’s ideas on rituals and symbols; Eric Hobsbawm’s “Invented Traditions”;
Benedict Anderson’s “Imagined Communities”; as well as Antonio Gramsci’s
“Cultural Hegemony”. By applying these theories, within strong British cultural
imperialism, to the establishment of exclusive rugby clubs and unions, one can
explain how the rugby community in the Transvaal came to be racially stratified.
It is thus the aim of this article to discern the link between the establishment
of exclusive clubs and unions and the racial stratification of Transvaal rugby
during the period 1889-1899.
Die belangrikheid van sport in die hersiening van die verlede het die afgelope tyd
heelwat erkenning ontvang en die genre van sportgeskiedenis het meer en meer
gewild geraak as ’n gevolg daarvan. Hierdie artikel verken die histories binêre
natuur van sport in verband met konsepte soos eenwording en verdeeldheid,
insluiting en uitsluiting, en volg dit na deur te verwys na die historiese verdeeldheid
van rugby in die Transvaalse Republiek. Alhoewel dit waar is dat sport ’n gevoel
van gemeenskap skep en mense bymekaar bring, is dit ook waar dat dit dikwels
’n platform bied vir verdeling en sosiale uitsluiting. Dit word goed geïllustreer in
die ontwikkeling van rugby in die Transvaalse Republiek. Verskeie teorieë om verdeeldheid in gemeenskappe te ondersoek, is reeds ontwikkel, en dit kan meer
lig werp op die effektiwiteit van sport as ’n sosiale verdeler in die negentiende eeu.
Relevante konsepte en teorieë sluit in: B Bernstein, HL Elvin en RS Peters se idees
oor rituele en simbole; Eric Hobsbawm se “Geskepte Tradisisies” (“Invented
Traditions”); Benedict Anderson se “Verbeelde Gemeenskappe” (“Imagined
Communities”); sowel as Antonio Gramsci se “Kulturele Hegemonie” (“Cultural
Hegemony”). Deur hierdie teorieë binne die raamwerk van sterk Britse kulturele
imperialisme op die stigting van eksklusiewe rugbyklubs en unies toe te pas, kan
daar verduidelik word hoe die rugbygemeenskap in die Transvaal in rasseterme
verdeel was. Dit is dus die doel van hierdie artikel om die verband tussen die
stigting van eksklusiewe klubs en unies en die rassestratifikasie van Transvaalse
rugby gedurende die tydperk 1889-1899 uit te lig.