What constitutes "inside information"  for purposes of insider trading? - Zietsman v Directorate of Market Abuse

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Morajane, Tebogo

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

LexisNexis

Abstract

Die aantekening is analise van Zietsman v Directorate of Market Abuse 2016 1 SA 218 (GP) aan die hand van die moderne benadering ten opsigte van wetsuitleg om te bepaal of inligting wat aan die appellante gekommunikeer is binnekennis was, wat vereis word vir die misdryf van handel op binnekennis. Zietsman skep welkome presedent wat aanbevelingswaardig is as behoorlik-beredeneerde uitspraak wat ondersteun moet word. Die regter volg kontekstuele en doelmatigheidsbenadering tot wetsuitleg om die betekenis van woorde te bepaal wat nie in die herroepe “Securities Services Act” (SSA) omskryf is nie. Hierdie benadering tot wetsuitleg neem die beleid ten opsigte van die wetgewing in ag asook die grondwetlike oogmerke met die totstandkoming van die Wet, in hierdie geval billike, effektiewe en deursigtige finansiële markte. Verder, as gevolg van die gebrek aan gesag ten opsigte van binnekennishandel in Suid-Afrika, volg die hof die vereistes van artikel 233 van die Grondwet en verwys na buitelandse reg by die uitleg van die bepalings oor binnekennishandel. Die hof wys daarop dat die inligting wat die vermeende binnkenners gehad het nie in finale stadium hoef te wees om as presiese inligting te kwalifiseer nie, solank as wat daar realistiese vooruitsig was dat die handeling wat die oorsprong van die binnekennis was redelikerwys sal realiseer. Tweedens sal inligting spesifiek wees as dit geïdentifiseer, uitgewys en ondubbelsinnig uitgedruk kan word. Derdens moet die inligting wat die binnekenner het die effek hê om die aandeelprys wesenlik te beïnvloed, gebaseer op die toets van die redelike belegger wat daardie inligting in ag sal neem wat waarskynlik wesenlike effek op die aandeelprys sal hê. Laastens sal die geloof van die vermeende binnekenner dat die inligting wat hy of sy het nie binnekennis is nie, nie verweer wees wat op redelike gronde gebaseer is nie.

Description

Keywords

Insider trading, Binnekennishandel, Inside information

Sustainable Development Goals

Citation

Morajane, T 2017, 'What constitutes "inside information"  for purposes of insider trading? - Zietsman v Directorate of Market Abuse', Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg / Journal of Contemporary Roman Dutch Law, vol. 80, no. 3, pp. 506-523.