Rectification of the securities register of a company and the oppression remedy
Loading...
Date
Authors
Oosthuizen, J.S. (Schoeman)
Delport, P.A. (Petrus Albertus)
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LexisNexis
Abstract
Beide die Maatskappywet 46 van 1926 en die Maatskappywet 61 van 19731 het voorsiening
gemaak vir 'n summiere statutêre remedie om die lederegister van 'n maatskappy
reg te stel. Hierdie remedie was handig vir persone wat aanspraak gemaak het op aandele in
en lidmaatskap van maatskappy, veral waar die direksie geweier het om aandelesertifikate
aan sodanige persone uit te reik en/of om hul name in die lederegister aan te bring.
Hierdie remedie is egter nie oorgedra na die Maatskappywet 71 van 20082 nie. Een van
die bevele waarvoor die onderdrukkingsremedie in artikel 163 van die Maatskappywet
van 2008 egter nou spesifiek voorsiening maak, is die regstelling van 'n maatskappy se
(sekuriteite-) register. Die vraag ontstaan oor die toepassingsgebied van die onderdrukkingsremedie
van die Maatskappywet van 2008 ten opsigte van die regstelling van die
sekuriteiteregister van die maatskappy en of daar alternatiewe is vir die summiere statutêre
remedie soos in die Maatskappywet van 1973.
Histories kon slegs lede, soos in die lederegister van 'n maatskappy, aansoek doen vir
regshulp ingevolge die onderdrukkingsremedie. Ons howe het egter al by geleentheid
'n aandeelhouer wat nie as lid in die lederegister ingeskryf is nie, toegelaat om in dieselfde
proses aansoek te doen vir die inskrywing van sy naam in die lederegister en, in antisipasie
van so bevel, aansoek te doen vir regshulp ingevolge die onderdrukkingsremedie.3
Die onderdrukkingsremedie waarvoor nou voorsiening gemaak word in artikel 163 van
die Maatskappywet van 2008 is beskikbaar aan aandeelhouers, soos omskryf in die Maatskappywet
van 2008, en direkteure. 'n Aandeelhouer word in artikel 1 van die Maatskappywet
van 2008 omskryf as, behoudens die bepalings van artikel 54(1), die houer van
aandeel in maatskappy uitgereik wat as sodanig in die sekuriteiteregister ingeskryf is.
Dus het slegs 'n “geregistreerde” aandeelhouer bevoegdheid om aansoek te doen vir
regshulp ingevolge die onderdrukkingsremedie.
Beide die Kanadese federale Maatskappywet en die Maatskappywet van die Verenigde
Koninkryk bevat statutêre remedie vir die regstelling van die lederegister van 'n maatskappy asook onderdrukkingsremedie. In beide hierdie jurisdiksies word die bevoegdheid
om aansoek te doen vir regshulp ingevolge die onderdrukkingsremedie aan 'n groter
groep persone verleen as in die Maatskappywet van 2008. Desnieteenstaande is die regspraak
in hierdie jurisdiksies relevant by die uitleg van ons onderdrukkingsremedie, mits
die verskille in die onderskeie wette deeglik in ag geneem word.
Dit blyk uit 'n historiese en regsvergelykende ondersoek dat die summiere statutêre
remedie om die lederegister van 'n maatskappy reg te stel nie as sodanig in die onderdrukkingsremedie
van die Maatskappywet van 2008 opgeneem is nie. Hierdie twee
remedies het verskillende doelstellings en vereistes. Alhoewel 'n persoon aansoek kan
doen vir die regstelling van die sekuriteiteregister ingevolge die onderdrukkingsremedie,
sal daardie persoon moet bewys dat hy 'n geregistreerde aandeelhouer of direkteur is van
die maatskappy en dat daar onderdrukking was. Die gemeenregtelike remedies om die
sekuriteiteregister reg te stel is natuurlik steeds beskikbaar.
“Ongeregistreerde” aandeelhouer kan onder gepaste omstandighede ook aansoek doen
om die sekuriteiteregister reg te stel ingevolge die nuwe artikel 161 van die Maatskappywet,
wat aan die houers van uitgereikte sekuriteite 'n statutêre prosessuele regsmiddel
verleen om die Wet, die akte van oprigting of enige van die maatskappy se reëls af te
dwing. Daar moet egter in gedagte gehou word dat daar belangrike verskille tussen die ou
summiere statutêre remedie om die lederegister van 'n maatskappy reg te stel en die
prosessuele regsmiddel in artikel 161 van die Maatskappywet van 2008 bestaan.
Description
Keywords
Rectification, Securities register, Company, Oppression remedy, Rektifikasie, Sekuriteiteregister, Maatskappy, Onderdukkingsremedie
Sustainable Development Goals
Citation
Oosthuizen J.S. & Delport, P.A. 2017, 'Rectification of the securities register of a company and the oppression remedy', Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg / Journal of Contemporary Roman Dutch Law, vol. 80, pp. 228-252.