Abstract:
Die artikel handel oor verbruiker wat in verstek is se reg op herinstelling van sy of haar
kredietooreenkoms kragtens artikel 129(3) en (4) van die “National Credit Act”. Die swak
bewoording van die genoemde wetsbepalings het tot sowel teenstrydige hofuitsprake as
wetswysigings gelei. In hierdie bydrae word die oorsprong van die reg op herinstelling
asook die evolusie daarvan bespreek. Daar word aan die hand gedoen dat die huidige
toedrag van sake, selfs na die wetswysigings, onbevredigend is en dat die bestaande
bepalings geskrap en herskryf moet word. Ten slotte word daar voorlopige voorstelle vir
die pad vorentoe gemaak.
Description:
This article is based on presentations made by the authors during a day seminar hosted by
the Barclays Africa Chair in Banking Law in Africa and the Department of Mercantile
Law, University of Pretoria, on 14 June 2016.