‘n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit : ‘n Pastorale perspektief

Show simple item record

dc.contributor.advisor Muller, Julian C.
dc.contributor.postgraduate Ackermann, Theunis C.
dc.date.accessioned 2017-08-18T06:03:49Z
dc.date.available 2017-08-18T06:03:49Z
dc.date.created 2017-09-07
dc.date.issued 2017
dc.description Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2017. en_ZA
dc.description.abstract Hierdie studie fokus op hoe persone wat van dwelms afhanklik is of was, hulle identiteit sien. Daar is ’n bekende diskoers wat sê: “Een keer ’n verslaafde, altyd ’n verslaafde.” Hierdie diskoers impliseer dat afhanklikheid deel van ’n persoon se identiteit word. In my studie poog ek om hierdie diskoers te dekonstrueer. Die AA (Alkoholiste Anoniem) se twaalf-stap-program word bestudeer. In hulle eerste stap word daar van persone wat van ’n chemiese stof afhanklik is, verwag om te erken dat hy/sy ’n afhanklike is. Hierdie erkenning van die AA se eerste stap, het ’n direkte invloed op persone wat van dwelms afhanklik is of was. Saam met die medenavorsers, word daar gepoog om ’n alternatiewe manier te vind om na afhanklikheid en identiteit te kyk. Hiermee saam speel die Christendom en ’n persoon se Godsbegrip ’n groot rol. Die Christendom het verskillende sieninge oor afhanklikheid en sonde. Hierdie studie poog nie om die sondebegrip van die Nuwe Testament te bestudeer nie, aangesien hierdie nie ’n Nuwe-Testamentiese studie is nie. Hoe God en die medenavorsers sonde verstaan, speel ’n rol in die begrip van hulle identiteit. Die narratiewe benadering maak van metafore gebruik. Hierdie studie gebruik die metafoor van ’n draak. Aanvanklik is dit ’n gevreesde draak wat persone wat afhanklik van dwelms is of was, wil verslind en ’n direkte impak het op hulle identiteit. ‘n Nuwe metafoor het ontwikkel. Die animasiefilm, “How to train your dragon,” is as vertrekpunt gebruik om ’n nuwe metafoor te ontwikkel waar die draak steeds gevaarlik is, maar getem kan word. Deur sekere aanpassings te maak, kan persone wat afhanklik is of was van dwelms, die draak beheer. Hierdie nuwe metafoor gee ook ’n nuwe identiteit aan die persoon wat afhanklik is of was van dwelms. Afhanklikheid word nie meer as deel van ’n persoon se identiteit beskou nie aangesien die hantering van die draak ’n nuwe perspektief in die lewe van hierdie persoon gee. In my studie maak ek van kwalitatiewe navorsing gebruik en beweeg ek vanuit die oogpunt van ’n postfundamentele Praktiese Teologiese benadering. en_ZA
dc.description.availability Unrestricted en_ZA
dc.description.degree PhD en_ZA
dc.description.department Practical Theology en_ZA
dc.identifier.citation Ackermann, TC 2017, ‘n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit : ‘n Pastorale perspektief, PhD Thesis, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/61706> en_ZA
dc.identifier.other S2017
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/61706
dc.language.iso Afrikaans en_ZA
dc.publisher University of Pretoria
dc.rights © 2017, University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.
dc.subject UCTD en_ZA
dc.subject Beeld van God
dc.subject Methcathinone (Cat)
dc.subject Kwalitatiewe navorsing
dc.subject Postfundamentele benadering
dc.subject Afhanklikheid
dc.subject Narratiewe terapie
dc.subject Praktiese teologie Pastoraal
dc.subject Pastoral Perspective
dc.subject Narrative Alternative
dc.subject Dependency Identity
dc.subject Identity Redefinition
dc.subject.other Theology theses SDG-01
dc.subject.other SDG-01: No poverty
dc.subject.other Theology theses SDG-03
dc.subject.other SDG-03: Good health and well-being
dc.subject.other Theology theses SDG-05
dc.subject.other SDG-05: Gender equality
dc.subject.other Theology theses SDG-10
dc.subject.other SDG-10: Reduced inequalities
dc.subject.other Theology theses SDG-16
dc.subject.other SDG-16: Peace, justice and strong institutions
dc.title ‘n Narratiewe alternatief op die konsep van afhanklikheidsidentiteit : ‘n Pastorale perspektief en_ZA
dc.type Thesis en_ZA


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record