Geochemiese en mineralogiese verspreidingspatrone in die wandgesteentes van tindraende ertsliggame in die Zaaiplaatsmyn, Potgietersrusdistrik
Loading...
Date
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of Pretoria
Abstract
A mineralogical and geochemical investigation of the country rock
around pipe-like ore bodies in the Lease Granite was undertaken to
obtain a better understanding of the conditions of formation of the
pipes. It was also hoped that the information gathered by the
investigation would result in a more systematic approach of the
exploration for such bodies.
Tin mineralization is confined mainly to the Bobbejaankop Granite
and Lease Granite. Three types of mineralization occur: firstly,
disseminated ore mineralization in the Lease Granite and
especially in the Bobbejaankop Granite, secondly, steeply to
moderately inclinded mineralogically zoned pipe-like ore bodies in
the upper regions of the Bobbejaankop Granite and in the Lease
Granite, and thirdly, funnel-shaped lenticular ore bodies at the
upper contact of the Lease Granite.
The country rock around two mined out pipe-like ore bodies was
investigated mineralogically and geochemically. It was found that
certain trace elements, namely, Cu, W, As, Zn and Pb form
characteristic halo patterns around ore body A, while the country
rock around the ore body was subjected to secondary alteration as
could be seen especially in the characteristic colour change as
well as the sericitization of the feldspar minerals. It was also found that the shape and size of the haloes and the shape and size
of the alteration halo in the country rock overlap partially.
From this it was concluded that the two phenomena, namely
alteration of the country rock and ore deposition are associated
in space but did not necessarily take place at the same time.
Halo patterns were also identified around the Lease Pipe but in
this instance the haloes are more extensive. The patterns could,
however, not always be determined exactly as the boreholes did not
penetrate the country rock deep enough. It is, however, clear
that certain trace elements such as Cu, W, As, Zn, Pb, Bi and
Sb show fluctuations in the vicinity of the pipe, whereas major
element distribution patterns do not show such variations.
Furthermore, tin shows a significant halo around the Lease Pipe
but not around pipe A. Only slight alteration of the country rock
around the Lease Pipe was encountered.
The fact that both pipes investigated show elemental zoning in the
country rock, indicates that there was migration of the ore
elements from the ore body to the granitic country rock. The
alteration of the country rock around pipe A could probably be due
to early preparatory fluids that migrated through specific zones,
before the pulse of ore fluids was deposited.
Three boreholes in study area 1 provided borehole core material
across the contact between the Lease Granite and the Rashoop
Granophyre. The pegmatite zone is not developed in this area.
Characteristic variations were observed for Rb, sr, U, Th,
Nb and Ti over the contact. These variations have been
interpreted as a definite discontinuity in the deposition pattern
of the abovementioned elements.
According to the existing hypothesis on the genesis of the Bush=
veld granitoids the Lease Granite is regarded as the late phase fluid of a granitic magma that was subjected to chilling or
quenching during crystallization. One would therefore expect a
definite discontinuity between the deposition pattern of the
elements in the roof rocks (Rashoop Granophyre) which formed
earlier. and the deposition pattern of the elements in the late
phase aplitic granite (Lease Granite).
•n Mineralogiese en geochemiese ondersoek is onderneem op die wandgesteentes rondom pypvormige ertsliggame in die Leasegraniet met die doel om tot •n beter begrip te kom oor die vormingstoestande van die pype. Daar word ook gehoop dat die inligting verkry uit die ondersoek sal lei tot •n meer sistematiese benadering van eksplorasie van sulke liggame. Tinmineralisasie is hoofsaaklik beperk tot die Bobbejaankopgraniet en Leasegraniet. Orie tipes mineralisasies kom voor, te wete eerstens gedissemineerde ertsmineralisasie in die Leasegraniet en veral in die Bobbejaankopgraniet, tweedens steilhellende, mine= ralogies gesoneerde, pypvormige ertsliggame in die boonste dele van die Bobbejaankopgraniet en in die Leasegraniet, en derdens plat lensvormige ertsliggame aan die boonste kontak van die Leasegraniet. Die wandgesteentes om twee uitgemynde pypvormige ertsliggame in die Leasegraniet is mineralogies en geochemies ondersoek. Daar is gevind dat bepaalde spoorelemente naamlik, Cu, W. As, Zn en Pb karakteristieke halopatrone om ertsliggaam A gevorm het, terwyl die wandgesteentes om die ertsliggaam sekondere verandering ondergaan het en uitdrukking vind in veral 'n kenmerkende kleur= verandering sowel as serisitisasie van die veldspaatminerale. Daar is ook gevind dat die vorm en omvang van die halo's en die vorm en omvang van die wandgesteenteverandering gedeeltelik oorvleuel. Die afleiding wat hiervan gemaak word is dat die twee verskynsels, naamlik wandgesteenteverandering en ertsafsetting wel ruimtelik geassosieer is. maar nie noodwendig op dieselfde tydstip plaasgevind het nie. Halopatrone kan ook om die Leasepyp geidentifiseer word alhoewel die halo's in hierdie geval baie meer uitgebreid vertoon. Die patrone kon egter nie altyd duidelik bepaal word nie omdat die boorgate nie die wandgesteentes diep genoeg gepenetreer het nie. Dit is egter duidelik dat bepaalde spoorelemente soos Cu, W, As, Zn, Pb, Bi en Sb wel fluktuasies in die omgewing van die pyp toon, terwyl die hoofelementverspreidingspatrone nie sulke variasies vertoon nie. Sn vertoon verder 'n betekenisvolle halo om die Leasepyp terwyl dit nie 'n halo om pyp A vertoon het nie. Daar is ook slegs geringe wandgesteenteverandering om die Leasepyp waargeneem. Die feit dat beide bestudeerde pype 'n elementsonering in die wandgesteentes vertoon, dui daarop dat migrasie van die erts= elemente vanaf die ertsliggaam na die granitiese wandge= steentes plaasgevind het. Die wandgesteenteverandering om pyp A is ook moontlik toe te skryf aan vroee voorbereidende vloeistowwe wat deur bepaalde sones migreer het, voordat die puls van ertsvloeistowwe afgeset is. Drie boorgate in studiegebied 1 het boorkernmateriaal verskaf oor die kontak tussen die Leasegraniet en die Rashoopgranofier. Die pegmatietsone is nie in hierdie gebied ontwikkel nie. Karakteri= stieke variasies is vir Rb, Sr, U, Th, Nb en Ti oor die kontak waargeneem. Hierdie variasies word as 'n definitiewe diskon= tinuiteit in die afsettingspatroon van bogenoemde elemente . geinterpreteer. In die bestaande hipotese oar die genese van die Bosveldgranitoide word die Leasegraniet beskou as die laatfase vloeistof van •n granitiese magma wat verkilling ondergaan het tydens kristal= lisasie. Hiervolgens sou verwag word dat •n duidelike diskonti= nuiteit sou bestaan tussen die afsettingspatroon van die elemente van die vroeggevormde dakgesteentes (Rashoopgranofier) en die afsettingspatroon van die elemente van die laatfase aplitiese graniet (Leasegraniet).

Description
Dissertation (MSc)--University of Pretoria, 1983.
Keywords
UCTD
Sustainable Development Goals
Citation
Strydom, JH 1983, Geochemiese en mineralogiese verspreidingspatrone in die wandgesteentes van tindraende ertsliggame in die Zaaiplaatsmyn, Potgietersrusdistrik, MSc Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/60908>