Abstract:
Die Grondwet waarborg kinders se reg op gesondheidsorg in artikel 27(1)
en artikel 28(1)(c). Artikel 27(1) bepaal dat elkeen die reg op toegang tot
gesondheidsorgdienste het, met inbegrip van reproduktiewe gesondheid
sorg. Artikel 28 bepaal dat elke kind die reg op basiese gesondheidsorgdienste
het. Die artikel ondersoek die betekenis en verband tussen die
twee regte om sodoende te bepaal wat dit vir die staat beteken. Dit gee
dan aanleiding tot ’n evaluering van wetgewende en ander maatreëls wat
die regering aangeneem het om die twee regte te realiseer.