Die terapeutiese waarde van humor en satire in die visuele kunste
Loading...
Date
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of Pretoria
Abstract
Die ondersoek na die moontlike terapeutiese uitwerking van humor en satire in die visuele kunste is gemotiveer deur die navorser se persoonlike belangstelling in sielkunde en sosiologie, en die verband wat daar bestaan tussen hierdie dissiplines en die visuele kunste. Die moontlikhede wat hierdie navorsingsveld bied, was te omvangryk om in sy geheel in hierdie verhandeling te ondersoek, en die keuse het in die besonder geval op die ondersoek van humor en satire as terapeutiese instrument in die visuele kunste. Intensiewe navorsing deur verskeie deskundiges is op die afsonderlike gebiede van humor, satire en terapie gedoen, asook die menifestasies van humor in die visuele kunste. Dit blyk egter dat daar tot hede toe geen navorsing gedoen is wat die verband tussen die komponente van humor, satire en terapie ondersoek nie.
Description
Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1997.
Keywords
UCTD
Sustainable Development Goals
Citation
Combrinck, J 1997, Die terapeutiese waarde van humor en satire in die visuele kunste, MA Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/59309>