Alienation of Land Act 68 of 1981 : the glitches continue

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Lotz, D.J. (Dirk Johannes)
Gerber, S.C. (Sarita)

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

LexisNexis

Abstract

Litigasie rondom die formaliteitsvoorskrifte kragtens die bepalings van artikel 2(1) van die Wet op Vervreemding van Grond 68 van 1981 blyk epidemies te wees. Gedurende die afgelope vier jaar is daar nie minder nie as negentien sake hieroor gerapporteer. Hierdie artikel is daarop gemik om die haakplekke, soos byvoorbeeld die omskrywing van die koopsaak en koopprys, skrifstelling en skriftelike volmaggewing te identifiseer en konsepoplossings aan die hand te doen oor hoe die aangeleentheid moontlik aangespreek kan word. Hiermee saam word daar ook kursories gekyk na die invloed van die Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008 en die nuwe Maatskappywet 71 van 2008 op die bestaande formaliteitsvoorskrifte. Die werkswyse wat gevolg word, is om die betrokke sake waarop die probleem betrekking het, te ontleed en vandaar die voorgestelde submissies in perspektief te plaas.

Description

Keywords

Vervreemding, Litigasie, Grond 68 van 1981, Alienation, Litigation, Land Act 68 of 1981

Sustainable Development Goals

Citation

Lotz, DJ & Gerber, SC 2012, 'Alienation of Land Act 68 of 1981 : the glitches continue', Journal of Contemporary Roman Dutch Law/Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, vol. 75, no. 4, pp. 544-565.