Hans Anton Aschenborn, mens en kunstenaar

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

University of Pretoria

Abstract

Die hoofdoel van die studie is om H.A. Aschenborn as mens en as kunstenaar te benader op grond van sy nagelate kunswerk; en waar moontlik, sy beeldende werk te projekteer teen die agtergrond van sy literêre werk. Dit kan nie oorgesien word dat daar wel 'n noue verband is tussen die geproduseerde werke op die twee gebiede, en dat sy dig en ander literere werke ons ook sy teken-, skilder- en grafiese werke beter laat verstaan. H.A. Aschenborn is reeds geruime tyd oorlede en aangesien sy werke wyd versprei is en daar ook 'n groot deel vernietig is deur 'n brand gedurende die eerste wêreldoorlog, kon ek slegs met veel moeite die materiaal versamel vir hierdie verhandeling, aangesien dit betrekking het op minstens Suid-Afrika, Duitsland, Oos-Afrika en die hele Suidwes-Afrika wat sy arbeidsgebied uitgemaak het. Ongelukkig het tot hiertoe 'n behoorlike oorsigtelike studie oor hom nog nie verskyn nie. Ek wil verder graag die aandag daarop vestig dat baie min van Aschenborn se werke gedateer is, en ek die behandeling daarvan volgens die motiewe moes rangskik, en nie kronologies volgens periodes kon bespreek nie. Ek het egter daarna getrag om binne die bespreking van 'n sekere motief 'n ontwikkeling in styl aan te dui. Dikwels was dit ook onmoontlik om 'n sekere volgorde of rangskikking van werke konsekwent tot by die end van die verhandeling deur te voer, te wyte aan talryke ontbrekende gegewens. Ek wil egter die hoop koester dat hierdie verhandeling 'n beter begrip van, en 'n gesondere waardering vir hierdie kunstenaar sal opwek; en dat dit ander belangstellendes sal aanspoor om nog meer aandag aan sy prestasies op kunsgebied te bestee.

Description

Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1963.

Keywords

UCTD

Sustainable Development Goals

Citation

Skawran, KM 1963, Hans Anton Aschenborn, mens en kunstenaar, MA Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/58066>