Biomediese illustrasie : 'n behoeftebepaling en aanbevelings vir die Suid-Afrikaanse situasie
Loading...
Date
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of Pretoria
Abstract
A historic review of the origin and development of biomedical
illustration from the twenty fifth century b.C. until the
early nineteen sixties is given. The development in illustration
style and the specific use of illustrations are stressed.
The history of biomedical illustration in the Far East and in
South Africa is outlined.
The changing aim of biomedical illustration in the light of
the development in the technological field is discussed. The
function of the present day illustrator as transferor of
medical science facts through the creation of meaningful
visuals for educational and research purposes is explained.
The different types of illustrations used are discussed and
a number of examples are used to illustrate its application.
Due to the rapid technological development, the change in
educational methods and in the role of the biomedical
illustrator it is evident that appropriate training is
necessary if the illustrator is to successfully fulfil his
current role.
Some existing and tested programmes in the United States of
America and elsewhere abroad are examined as well as the type
of work undertaken and the employment possibilities.
This information is used as the basis for a market research
investigation into the South African situation with the
purpose of establishing whether an appropriate training course
is necessary.
In conclusion some proposals are made toward establishing an
appropriate and feasible course for medical illustrators as
well as methods for improving the existing situation. In an
addendum the contribution of two well known South African
artists toward the field of biomedical illustration, namely
Tinus de Jongh and Cythna Letty, is summed up.
In 'n taamlik breedvoerige historiese oorsig word die leser ingelig oor die ontstaan en ontwikkeling van biomediese illustrasie vanaf die vyf-en-twintigste eeu v.c. tot en met die vroeë sestigerjare. Die gepaardgaande ontwikkeling in illustrasiestyl en doel van die illustrasie word telkens uitgewys. Verder word daar vlugtig gekyk na die geskiedenis van hierdie illustrasievorm in die Verre Ooste en in SuidAfrika. Vervolgens word die veranderde doel van biomediese illustrasie in die lig van die ontwikkeling op tegnologiese gebied bespreek. Die taak van die hedendaagse illustreerder as oordraer van medies-wetenskaplike feite deur middel van sinvolle visuele beelde vir opvoedkundige en navorsingsdoeleindes word bespreek. Die verskillende tipes beeldmateriaal word van nader beskou en toegelig aan die hand van 'n aantal voorbeelde. As gevolg van die geweldige vooruitgang op tegnologiese gebied, die verandering in onderwysmetodes en die veranderde rol van die biomediese illustreerder betoog die skrywer dat toepaslike opleiding noodsaaklik geword het. 'n Aantal bestaande en beproefde kursusse in die Verenigde State van Amerika en elders in die buiteland word ondersoek asook die situasie ten opsigte van die tipe werk en werksgeleenthede aldaar. Hierdie gegewens word gebruik as riglyn in 'n marknavorsingsondersoek na die situasie in Suid-Afrika. Die doel hiervan is om te bepaal of toepaslike opleiding verskaf behoort te word en indien wel hoe hierdie opleiding gestruktureer behoort te word. Vraelyste is aan alle moontlike gebruikers van biomediese illustrasiemateriaal gestuur asook aan kunstenaars en illustrasie- eenhede wat hulle besig hou met die vervaardiging van sulke beeldmateriaal. Die stuk word afgesluit met 'n aantal aanbevelings vir moontlike uitvoerbare en toepaslike opleiding sowel as ander metodes vir die verbetering van die huidige bestel in SuidAfrika. In 'n addendum word die bydraes wat twee baie bekende SuidAfrikaanse kunstenaars, naamlik Tinus de Jongh en Cythna Letty tot die biomediese illustrasiekuns gelewer het kortliks opgesom.

Description
Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1990.
Keywords
UCTD
Sustainable Development Goals
Citation
Jansen Van Vuren, C 1990, Biomediese illustrasie : 'n behoeftebepaling en aanbevelings vir die Suid-Afrikaanse situasie, MA Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/57937>