Conversion of jointly-held old order mining rights : you can't always get what you want : Minister of Mineral Resources v Sishen Iron Ore Company (Pty) Ltd 2014 2 SA 603 (CC)

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Badenhorst, Pieter
Olivier, N.J.J. (Nicolaas Johannes Jacobus)

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

LexisNexis

Abstract

Die beslissing van die Konstitusionele Hof in Minister of Mineral Resources v Sishen Iron Ore Company (Pty) Ltd bring helderheid oor die regsgevolge van die omskepping van voormalige mineraalregte ingevolge die oorgangsmaatreëls in Bylae II tot die Mineral and Petroleum Resources Development Act 28 of 2004 (“MPRDA”). Twee maatskappye, naamlik Sishen Iron Ore Maatskappy (Edms) Bpk (“Sishen”) and Arcelormittal South Africa Beperk (“AMSA”), het mineraalregte gesamentlik in onverdeelde aandele van 87.6% en 21.4%, onderskeidelik, gehou. Anders as in die vorige bedeling, het die oorgangsmaatreëls nie uitdruklik voorsiening gemaak vir so 3 geval waar twee of meer persone gesamentlik regte gehou het nie. Sishen het gedurende die vyf jaar oorgangstydperk aansoek gedoen vir die omskepping van die maatskappy se mineraalregte, terwyl AMSA nagelaat het om sodanige aansoek te doen. Die Konstitusionele Hof het beslis dat by afkondiging van die MPRDA die twee maatskappy medehouers geword het van sogenaamde ou-orde mynregte met dieselfde aandeelhouding as voor die afkondiging van die MPRDA. Die hof beslis voorts dat by omskepping van Sishen se ou-orde mynregte en registrasie van 3 mynreg Sishen bloot 3 mynreg met 3 87.6% aandeelhouding verkry het. Na afloop van die oorgangstydperk is AMSA se ou-orde mynreg beëindig en het die 21.4% aandeelhouding daarin nie by Sishen aangewas nie, maar teruggeval in die Staat wat dit weer op aansoek kon toeken. Die hof toon ook die redes aan waarom slegs Sishen daarvoor aansoek kon doen. Die outeurs wys daarop dat die onduidelikheid of, en in wie, die voormalige mineraalregte by afkondiging van die MPRDA en na afloop van die oorgangstydperke gevestig het, bly voortsleep. Die benadering van appèlregter Moseneke dat by afloop van die oorgangstydperk die voormalige mineraalregte in die staat hervestig word, word verwelkom as synde 3 voorwaartse stap in lyn met regswerklikheid. Die noodsaak om duidelikheid omtrent (a) die verhouding tussen die publiekreg en privaatreg gedurende grondwetlike gefundeerde transformasie en (b) die rol van die staat as bewaker van minerale kragtens artikel 3(1) van die MPRDA te verkry, word ten slotte geopper.

Description

Keywords

Mining rights, Old order rights, New mining rights, Konstitusionele hof, Mynregte, Ou orde regte, Nuwe mynregte, Constitutional court

Sustainable Development Goals

Citation

Badenhorst, PJ & Olivier, N 2015, 'Conversion of jointly-held old order mining rights : you can't always get what you want : Minister of Mineral Resources v Sishen Iron Ore Company (Pty) Ltd 2014 2 SA 603 (CC)', Journal of Contemporary Roman Dutch Law / Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, vol. 78, pp. 498-512.