Abstract:
Die regulering van korporatiewe samesmeltings is uiters belangrik vir die bevordering en
instandhouding van ’n mededingende markstruktuur. Regulering van samesmeltings is
sentraal tot die Zimbabwiese mededingingstelsel. Gevolglik waarborg ’n effektiewe samesmeltingsreguleringsraamwerk
grootliks ’n effektiewe mededingingstruktuur. Die statutêre
omskrywing van korporatiewe samesmeltings bepaal die toepassing van die regulerende
statuut ten aansien van korporatiewe transaksies wat potensieel ! invloed kan hê op die
mededingingstruktuur van die mark. Die Zimbabwiese Mededingingswet van 1996 is die
hoofsamesmeltingsreguleringstatuut en verskaf die statutêre omskrywing vir korporatiewe
samesmeltings. Hierdie omskrywing is egter vatbaar vir ’n verskeidenheid interpretasies,
soos blyk uit die regsopinie in die Caledonia Holdings (Africa) Limited/Blanket Mines
(1983) (Private) Limited-samesmelting. Die opinie maak aanspraak daarop dat die
statutêre omskrywing sogenaamde konglomeraat-samesmeltings uitsluit uit die toepassingsgebied
van die Mededingingswet. Hierdie artikel voer egter aan dat die huidige
statutêre omskrywing wyd genoeg is om alle transaksies te dek, insluitende transaksies
tussen partye met ’n ekonomies nie-verbandhoudende verhouding gebaseer op die uitleg
en toepassing van die eiusdem generis-reël. Die artikel voer aan dat hierdie reël verkeerdelik
uitgelê en toegepas is in die Caledonia-opinie. Nietemin, die blote feit dat die
opinie aanvaar is deur die Mededingings- en Tariefkommissie, die hoof samesmeltings-
reguleringsinstansie in Zimbabwe, is voldoende rede om te betoog vir ’n duideliker statutêre
omskrywing van korporatiewe samesmeltings en verkrygings in die Zimbabwiese
Mededingingswet. Die artikel stel dus ’n duidelike statutêre omskrywing van korporatiewe
samesmeltings voor.