Sterkteperspektief op bemagtigende maatskaplike groepwerk met alkoholafhanklike bejaardes

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Geyer, Stephan
Strydom, Herman

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

University of Stellenbosch, Department of Social Work

Abstract

In hierdie artikel word daar by die kenmerke van die sterkteperspektief asook die houdings en persepsies van maatskaplike werkers teenoor dié perspektief stilgestaan. In die teks word die agtergrond van die sterkteperspektief, die sterktes van alkoholafhanklike bejaardes, die rol van dié perspektief in geregistreerde behandelingsentra in Suid-Afrika asook die voor- en nadele van dié perspektief onder meer toegelig. Die doelwitte van hierdie artikel is (a) om deur middel van literatuurstudie en empiriese ondersoek die uitdagings, sterktes en behoeftes van alkoholafhanklike bejaardes te identifiseer waarop ’n maatskaplike groepwerk-bemagtigingsprogram gebaseer kan word, en (b) vas te stel oor watter kwaliteite die sterkteperspektief beskik ten einde die alkoholafhanklike bejaarde met maatskaplike groepwerkdienste te bemagtig.

Description

Keywords

Sterkteperspektief, Maatskaplike werkers, Geregistreerde behandelingsentra, Suid-Afrika (SA), Alkoholafhanklike bejaardes

Sustainable Development Goals

Citation

Geyer, S & Strydom, H 2007, ''n Sterkteperspektief op bemagtigende maatskaplike groepwerk met alkoholafhanklike bejaardes', Social Work / Maatskaplike Werk, vol. 43, no. 1, pp. 84-100.