Die Wangemann tekeninge in die nasionale kultuurhistoriese en opelugmuseum, Pretoria

Show simple item record

dc.contributor.advisor Van Heerden, M.
dc.contributor.postgraduate Botha, Rita
dc.date.accessioned 2016-07-28T09:14:26Z
dc.date.available 2016-07-28T09:14:26Z
dc.date.created 1989
dc.date.issued 1989
dc.description Diploma (Arts)--University of Pretoria, 1989. en_ZA
dc.description.abstract Die Nasionale Kultuurhistoriese en Opelugmuseum in Pretoria is in besit van 'n unieke versameling tekeninge van H.T. Wangemann, een van die direkteure van die Berlynse Sendinggenootskap. Dit is aan die eerlike en objektiewe lewensopvatting van Hermann Theodor Wangemann te danke, dat daar soveel inligting oor die sending gedurende die 19de eeu in Suid-Afrika behoue gebly het. In die geskiedenis sal Wangemann onthou word as een van die mees bekwame en vurige voorstanders van sendingwerk wat Duitsland voortgebring het. Vir navorsingsdoeleindes is daar van boeke, tydskrifte, mondelinge mededelinge, korrespondensie met die Berlynse sending in Duitsland, asook persoonlike waarneming gebruik gemaak. As primere bron is Wangemann se geskrifte en tekeninge waardevolle kultuurhistoriese dokumente; dit verskaf ook waardevolle inligting oor die sendingstasies wat gedurende die 19de eeu opgerig is. Die tekeninge toon onder andere woningbou van sowel blank as swart inwoners van die sendingstasies, kerkbou, skole, landerye en veekrale, vervoermiddels en gebruike aan. Omdat die versameling Wangemann - tekeninge nog nooit gedokumenteer is nie, is die doel van hierdie skripsie om 'n bydrae tot die museumliteratuur te lewer deur die ontsluiting van hierdie waardevolle Africana tekeninge. In 1954 het die Transvaal-museum hierdie versameling van 106 tekeninge, waarvan die meerderheid nie onderteken is nie, teen 'n bedrag van R130 van die kunshandelaar W.A. Luz te Berlyn aangekoop. Die versameling het ingesluit: 48 waterverf tekeninge en 48 loodpootloodtekeninge, 6 groterige waterverf studies, klein waterverf werkie in 'n heel eiesoortige uitbeeldingstyl en 3 gewone potloodsketse. Die tekeninge is almal van Suid-Afrikaanse landskappe of sendingstasies van die Berlynse Sendinggenootskap in Suid-Afrika. Die Transvaal-museum was aanvanklik onder die indruk dat die tekeninge die werk van die sendeling August Prozesky was en die versameling is trouens om die rede van Luz aangekoop. In 'n artikel deur D.W. van der Merwe gaan hy deeglik op die outeurskap van die versameling tekeninge in en bewys dat hulle ongetwyfeld werke van H.T. Wangemann is met die uitsondering van drie wat onderteken is met die letters A.P. en daarom gereken kan word as die werk van August Prozesky. 'n Groot aantal gravures van die tekeninge kom voor as illustrasies in Wangemann se Ein Reise Jahr in Sodafrika wat hy as dagboeke gedurende sy eerste reis van 1866 tot 1867 tydens besoeke aan die Berlynse sendingstasies gemaak het. Die ander is gedurende sy tweede sendingreis in 1884-1885 gemaak en hoewel die werk nie geillustreer is nie, maak hy telkens melding daarvan dat hy tekeninge van die stasies gemaak het en die datums en plekname stem dan ook ooreen met sy besoeke soos opgeteken in die dagboek. Pastor H. Lehman van die Evangelische Kirche in Berlin-Brandenburg bevestig ook dat dit wel Wangemann en nie Prozesky se tekeninge is nie: Die Tekeninge, waarna u hier verneem, is goed aan ons bekend. Dit ly geen twyfel, dat hulle van Sendingdirekteur Wangemann afkomstig is nie. Hy het in 1865 en 1884 reise deur Suid-Afrika onderneem. Omdat daar destyds nog geen kameras was, wat op 'n reis saamgeneem kon word nie, het hy voor die aanvang van sy eerste reis onderrig in teken- en skilder in Berlyn ontvang. Van die oorspronklike tekeninge is toe in Berlyn gravures gemaak en die tekeninge het in sy boeke en in die Sendingblad van die B.S.G. verskyn. Sendeling August Prozesky kan beslis nie die tekenaar wees nie aangesien hy eers in 1866 na Suid-Afrika gekom het en op die Sendingstasie Konigsberg in Natal gevestig was. In die lewensbeskrywing van H.T. Wangemann word ook vermeld dat hy sedert sy kinderjare reeds sy briewe aan sy ouers aangevul het met illustrasies. Benewens hierdie versameling tekeninge in die Museum, die gravures daarvan, asook tekeninge wat nie in die museum se besit is nie, wat in sy reisjoernale en in die Berliner Mission verskyn het, het die Museum ook 'n aantal foto's van die Argief van UNISA ontvang van tekeninge wat dr. Wangemann ook tydens sy Suid-Afrikaanse besoeke gemaak het, maar wat nog in besit van die Evangelische Kirche in Berlin-Brandenburg (Berlyn Wes) is. Hierdie tekeninge sowel as die verskille tussen die tekeninge in besit van die Nasionale Kultuurhistoriese en Opelugmusem en die gravures daarvan soos dit in die Reisjoernaal verskyn het, word in hierdie skripsie buite rekening gelaat. Hierdie studie gaan ook gebruik word vir die opstelling van 'n katalogus wat gepubliseer gaan word deur NASKO-Museum sowel as in 'n uitstalling in die museum. en_ZA
dc.description.availability Unrestricted en_ZA
dc.description.degree Dipl. Arts en_ZA
dc.description.department Visual Arts en_ZA
dc.identifier.citation Botha, R 1989, Die Wangemann tekeninge in die nasionale kultuurhistoriese en opelugmuseum, Pretoria, Dipl. Arts Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/56063> en_ZA
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/56063
dc.language.iso Afrikaans en_ZA
dc.publisher University of Pretoria en_ZA
dc.rights © 2016 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. en_ZA
dc.subject UCTD en_ZA
dc.subject Diploma en_ZA
dc.title Die Wangemann tekeninge in die nasionale kultuurhistoriese en opelugmuseum, Pretoria en_ZA
dc.type Text en_ZA


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record