Understanding female consumers' risks perception for apparel purchasing on the Internet

Show simple item record

dc.contributor.author Jacobs, Bertha Margaretha
dc.contributor.author De Klerk, Helena Maria
dc.date.accessioned 2008-05-27T08:34:57Z
dc.date.available 2008-05-27T08:34:57Z
dc.date.issued 2007
dc.description.abstract AFRIKAANS (no English abstract available): Die doel van hierdie studie was om die rol van verbruikers se risiko persepsie in hulle aanvaarding van die Internet vir kleding aankope te verken sowel as om die strategieë wat hulle volg om die risikos te verminder, te ontgin. Rogers (1995) se innovasiebesluitnemingsproses model is as vertrekpunt gebruik vir die ontwikkeling van die skematiese konseptuele raamwerk en ook om inhoud aan die konseptuele raamwerk te verskaf. Konsepte van 'n sosiaal-kognitiewe - en kledingverbruikersgedrag teorie is daarby geïnkorporeer ten einde 'n omvattende raamwerk te verskaf waarvolgens die verskynsel beskryf kon word. 'n Sosiaal-kognitiewe perspektief is as oorkoepelende benadering vir die studie gekies. Die perspektief het onder meer 'n raamwerk verskaf wat die studie gerig het, gepaste metodologie voorgestel asook maniere waarop nuwe kennis bekom en verduidelik kon word. Vooraf insluitende kriteria het die doelbewuste steekproeftrekking vir die studie gerig. Daar is 24 individuele onderhoude met agt volwasse professionele vroue in die ouderdomsgroep 25 tot 35 jaar gevoer. Kwalitatiewe data-insamelingsmetodes is gebruik om die verskynsel vanuit die verbruiker se oogpunt te ondersoek. 'n Drie-fase, in-diepte, fenomenologiese onderhoudvoering-benadering is gevolg. Twee ongestruktureerde individuele onderhoude (aan die hand van 'n skedule en gebruik van 'n stimulus tegniek) en een semi-gestruktureerde individuele onderhoud is met elk van die agt deelnemers gevoer. Data-analise is volgens Miles en Huberman (1994:10) se data-analiseproses gedoen. Daar is bevind dat die deelnemers bepaalde fisiese, funksionele, finansiële en tyd risiko's beleef vir die aankoop van klere op die Internet. Die feit dat die aankoper verwyder is van die aankooptransaksie en dat persoonlike en finansiële inligting verskaf moet word, het vir die deelnemers 'n fisiese risiko ingehou. Deelnemers ervaar 'n funksionele risiko omrede hulle nie die klere kan sien, hanteer of aanpas nie, en ook nie seker is of, en hoe dit omgeruil of terug gegee kan word nie. Die feit dat die klere deur die pos verlore kan raak en dat hulle dan hul geld verloor, het vir die deelnemers 'n finansiële risiko ingehou, terwyl die tyd wat verlore gaan tussen aankope en ontvangs en ook met omruil, vir die deelnemers 'n tyd risiko ingehou het. Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat fisiese risiko's veral 'n rol speel wanneer kledingverbruikers aan kledingprodukte op die Internet blootgestel word en 'n besluit moet neem of hulle gaan aankoop, al dan nie. Funksionele risiko's speel veral 'n rol tydens die evaluering van die kledingstuk en wanneer hulle informasie nodig het wat hulle kan ondersteun in die evaluering en besluit om te koop, al dan nie. Finansiële en tyd risiko's speel veral 'n rol wanneer die uiteindelike besluit geneem moet word om wel die produk op die Internet aan te koop. Dit word aanbeveel dat kleinhandelaars bepaalde strategieë in plek moet stel ten einde kledingverbruikers te ondersteun om wel op die Internet aankope te doen. Die verskaffing van informasie wat die kledingverbruiker kan ondersteun in die evaluering van die produk, asook informasie wat die verbruiker se ervaring van fisiese, finansiële en tyd risiko's kan verminder, is waarskynlik een van die belangrikste strategieë wat die kleding kleinhandelaar in werking kan stel ten einde nuwe verbruikers te trek en bestaande verbruikers te behou. af
dc.format.extent 225721 bytes
dc.format.mimetype application/pdf
dc.identifier.citation Jacobs, B & De Klerk, HM 2007, 'Understanding female consumers' risks perception for apparel purchasing on the Internet', Journal of Family Ecology and Consumer Sciences, vol. 35, pp. 47-58. [http://www.up.ac.za/saafecs/] en
dc.identifier.issn 03785254
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/5590
dc.language.iso en en
dc.publisher South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences en
dc.rights South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences en
dc.subject Female consumers en
dc.subject Risks perception en
dc.subject Apparel purchasing en
dc.subject Internet en
dc.subject.lcsh Women consumers -- Risk assessment en
dc.subject.lcsh Clothing and dress -- Economic aspects en
dc.subject.lcsh Internet users en
dc.subject.lcsh Teleshopping en
dc.title Understanding female consumers' risks perception for apparel purchasing on the Internet en
dc.type Article en


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record