Leierskaps- en bestuursdinamika wat tot skooleffektiwiteit bydra onder disfunksionele omstandighede

Show simple item record

dc.contributor.advisor Prinsloo, Izak J. en
dc.contributor.coadvisor Beckmann, Johan L. en
dc.contributor.postgraduate Pretorius, Erik en
dc.date.accessioned 2016-06-09T12:55:24Z
dc.date.available 2016-06-09T12:55:24Z
dc.date.created 2016-04-12 en
dc.date.issued 2015 en
dc.description Dissertation (MEd)--University of Pretoria, 2015. en
dc.description.abstract Verskeie Suid-Afrikaanse skole is uiters funksionele en effektiewe leerorganisasies en daar word soms in arm gemeenskappe skole aangetref wat ondanks haglike sosio-ekonomiese omstandighede effektief presteer. Hierdie navorsingsprojek is onderneem om ondersoek in te stel na leierskaps- en bestuursdinamika wat tot skooleffektiwiteit onder disfunksionele en swak sosio-ekonomiese omstandighede kan bydra. Die navorser se belangstelling is geprikkel deur n sekondêre skool, geleë in n informele nedersetting, wat ten spyte van disfunksionele en swak sosio-ekonomiese omstandighede, effektief funksioneer. Die navorser het die verskynsel van n effektiewe skool in disfunksionele omstandighede nagevors en meer te wete gekom oor skooleffektiwiteit, funksionaliteit en optimale prestasie soos dit in dié disfunksionele en swak sosio-ekonomiese omstandighede voorkom. Twee literatuurstudies is in die verhandeling onderneem. Die eerste literatuurstudie het gefokus op die leierskaps- en bestuursdinamika wat tot skooleffektiwiteit bydra. Tweedens het die navorser meer oor die vorming van n positiewe skoolklimaat en -kultuur ten einde skooleffektiwiteit te verseker geleer. n Kwalitatiewe navorsings-benadering is gevolg deur deur n gevallestudie te onderneem en die navorser het kwalitatiewe raamwerke, waarnemings en gestruktureerde onderhoude gebruik om data in te samel. Die studie is onderneem om meer te wete te kom oor die persepsies en ervarings van die skoolhoof, senior bestuurspan, onderwysers en leerders van die skool oor verskeie leierskaps- en bestuursdinamika wat tot skool-effektiwiteit onder moeilike omstandighede bydra. Effektiewe skole is geneig om oor gemeenskaplike eienskappe te beskik wat onder andere sterk leierskap, doeltreffende bestuur en die vorming van n positiewe skoolklimaat insluit en die navorser kon tot die bevinding kom dat onderwysleierskap en -bestuur, sowel as n positiewe skoolklimaat, belangrike kernbeginsels vir skooleffektiwiteit en sukses is. en
dc.description.degree MEd en
dc.description.department Education Management and Policy Studies en
dc.identifier.citation Pretorius, E 2015, Leierskaps- en bestuursdinamika wat tot skooleffektiwiteit bydra onder disfunksionele omstandighede, MEd Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/52958> en
dc.identifier.other A2016 en
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/52958
dc.language.iso en en
dc.publisher University of Pretoria en_ZA
dc.subject UCTD en
dc.title Leierskaps- en bestuursdinamika wat tot skooleffektiwiteit bydra onder disfunksionele omstandighede en
dc.type Dissertation en


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record